Scott Maurice Robertson (gebore 21 Augustus 1974) is 'n Nieu-Seelandse rugbyafrigter en voormalige -speler. Hy is die huidige hoofafrigter van die Nieu-Seelandse nasionale mansspan, die All Blacks.
Gedurende sy tyd as Crusadersafrigter het hy nie net al sewe eindstryde gewen sedert hy die leisels oorgeneem het nie, hy het 'n rekord van 98 oorwinnings, slegs 17 nederlae en twee gelykopuitslae uit 117 wedstryde, wat hom die suksesvolste Superrugbyafrigter maak sedert die kompetisie begin het.
Sy bynaam is "Razor". Hy het as losvoorspeler vir Bay of Plenty, Perpignan, Canterbury en die Crusaders gespeel. Hy het tussen 1998 en 2002 in 23 toetswedstryde vir Nieu-Seeland gespeel. Hy het onder meer tydens die Rugbywêreldbeker 1999 vir die All Blacks uitgedraf.
Hy was die hoofafrigter van die Nieu-Seelandse o/20-span, die Canterbury ITM-bekerspan en die Crusaders in Superrugby. Met die Crusaders het hy van 2017 tot 2023 sewe agtereenvolgende Superrugbykampioenskappe gewen.
Verwysings
Eksterne skakels
Scott Robertson op AllBlacks.com
Kategorie:Rugbyafrigters Kategorie:Nieu-Seelandse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense