thumb|200px|'n Illustrasie van Queen Anne's Revenge uit 1736.
Queen Anne's Revenge was 'n skip uit die vroeë 18de eeu. Dit is die bekendste daarvoor dat dit gebruik is deur Edward Teach, 'n seerower wat bekender was onder sy bynaam, Swartbaard. Dit is onseker waar en wanneer die skip gebou is.
Geskiedenis Daar is geen rekords oor die skip nie tot in 1710, toe dit 'n Franse kaperskip met die naam "La Concorde" was. Ná verskeie jare in diens van Franse matrose, waarin dit meestal as 'n slaweskip gedien het, is dit in 1717 deur Swartbaard oorgeneem. Hy het dit vir minder as 'n jaar gebruik, maar het verskeie skepe verower met dié skip as sy vlagskip.
In Mei 1718 het Swartbaard die skip laat strand by Topsailinham, nou bekend as Beaufortinham in Noord-Carolina. In 1996 het 'n privaat maatskappy, Intersal Inc., die oorblyfsels van 'n skip ontdek wat later bepaal is as dié van Queen Anne's Revenge, en dit is later in die Amerikaanse National Register of Historic Places gevoeg. Die wrak is naby Beaufortinham, Noord-Carolina, ontdek.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Seerowery