thumb|200px|Davy Jones' Locker, deur John Tenniel, 1892.
Davy Jones's locker is 'n Engelse metafoor vir die bodem van die see, die finale rusplek van matrose en reisigers wat verdrink. Dit is 'n eufemisme vir verdrinking: Skepe wat vergaan en matrose wat verdrink, word na "Davy Jones' locker" gestuur.
Die oorsprong van die naam Davy Jones, die matrose se duiwel, is onbekend. Die vroegste bekende verwysing na die negatiewe konnotasie van Davy Jones kom voor in The Four Years Voyages of Capt. George Roberts, deur Daniel Defoe, wat in 1726 in Londen gepubliseer is:
Gebruik in media Pirates of the Caribbean Die idee van Davy Jones is in die Pirates of the Caribbean-rolprentreeks gekombineer met die legende van die Vlieënde Hollander. Davy Jones's Locker word uitgebeeld as 'n soort vaevuur, 'n plek van straf vir dié wat Davy Jones se pad gekruis het. Jones word uitgebeeld as die byna onsterflike kaptein van die Flying Dutchman wat mense wat ter see verdrink het, aanvanklik na die hiernamaals geneem het voordat hy sy lot verander het toe hy kwaad word vir sy geliefde, die godin Kalipso, en haar in menslike vorm laat vasvang het.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Seerowery Kategorie:Bygelowe Kategorie:Fiksie oor Satan