Pous Primus (Grieks: Πρίμος), ook bekend as Aprimos, was die vyfde pous en patriarg van Alexandrië.

Hy was gedoop deur Sint Markus. Hy was een van die drie wie as priesters geordineer was deur Markus, saam met Anianus, die tweede patriarg.

Primus was asketies, vroom en gevul met goeie werke. Hy is op die 22ste dag van Paoni (16 Junie 106 n.C.) as patriarg aangestel. Tydens sy bewind was die kerk in vrede en rustigheid. Hy word herdenk op die Koptiese Synaxarion op die derde dag van Mesra, in die vyfde jaar van Hadrianus.

Bronnelys

Atiya, Aziz S. The Coptic Encyclopedia. New York: Macmillan Publishing Co., 1991.

Eksterne skakels Die Amptelike webwerf van die Kopties-Ortodokse Pous van Alexandrië en Patriarg van die hele Afrika op die Heilige Stoel van Sint Markus die Apostel Koptiese dokumente in Frans

Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Sterftes in 118 Kategorie:Patriarge Primus