Pous Justus (Grieks: Ιούστος) was die sesde pous en patriarg van Alexandrië.
Justus was 'n eerbare en geleerde man voor sy ordening. Hy is gedoop deur Markus die Evangelis, saam met sy pa, sy ma en ander. Markus het het hom aangestel as die eerste dekaan van die Kategetiese Skool van Alexandrië, (dieselfde skool waar Origenes en Clemens later dekaan sou wees). Anianus, die tweede patriarg, het hom geordineer as diaken, dan as priester, en het hom aangestel om te preek en mense onderrig te gee. Hy was gekies om Primus op te volg as patriarg. Hy het tien jaar lank sy mense met die beste sorg opgepas. Hy het gesterf op die 12de van Paoni (19 Junie 129 n.C.), in die sestiende jaar van Hadrianus.
Verwysings
Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Sterftes in 129 Kategorie:Patriarge Justus