Rubidiumchloried is 'n sout van rubidium en soutsuur.
Dit is 'n kleurlose, higroskopiese vastestof
Kristalstruktuur Rubidiumchloried kristalliseer in die haliet-struktuur (B1 in die strukturbericht-klassifikasie). Onder hoë druk (28 kbar) skakel dit oor na die CsCl-struktuur (B2).
Eienskappe duimnael|links|Oplosbaarheid van RbCl Die sout is soos die meeste rubidiumsoute goed in water oplosbaar. Sy oplosbaarheid neem teen hoër temperature toe.
Gebruike In die biochemie en mikrobiologie word rubidiumchloried saam met mangaanchloried, kalsiumchloried en kaliumasetaat gebruik in die voorbereiding van kompetente selle.
Dit blyk nie-toksies en terapeuties effektief te wees vir verskeie tipes depressiewe versteurings. Hierdie middel dank sy werking aan dopaminerge stimulasie wat die depressiewe patroon verminder. Radioaktiewe rubidium-82-chloried word ook as diagnostiese middel in gebruik.
Die radioaktiewe sout RbCl word as mediese diagnostiese middel in positronemissietomografie (PET) gebruik. Hierdie isotoop het 'n halfleeftyd van 1,27 minute en straal positrone uit.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van rubidium Kategorie:B2-strukture