duimnael|Overvaal Stereo logo. Overvaal Stereo is 'n Suid-Afrikaanse gemeenskapsradiostasie gebaseer in die Vrystaat.

Geskiedenis Overvaal Stereo het op 6 Desember 1993 vanaf Koppies as Radio Koppies begin uitsaai. Gereelde uitsendings het egter eers in Februarie 1994 begin. In 1996 het die ateljee na Viljoenskroon verskuif en as gevolg van verwarring is die naam later na Overvaal Stereo verander. Hierdie naam is deur die luisteraars gekies. Die ateljee is in Viljoenskroon geleë en die sender is op Grootkop, ongeveer halfpad tussen Viljoenskroon en Vredefort. Die stasie voer ook aktuele onderhoude wat die luisteraars inlig oor sake van die dag. As ‘n diens aan die gemeenskap bied die stasie ook gereelde versoek- en inbelprogramme om sy luisteraars deel van die programsamestelling te maak.Overvaal Stereo, Van Toeka tot Nou. https://overvaalstereo.co.za/about-us/ Besoek op 24 Januarie 2024

Dekkingsgebiede Potchefstroom Klerksdorp Odendaalsrus Coligny Welkom Kroonstad Virginia Parys Vanderbijlpark Sasolburg

Tale uitsaai Oorwegend Afrikaans Met 'n bietjie Engels

Uitsaaityd 24/7 (Maandag - Sondag)

Teikengehoor Afrikaanssprekende gemeenskappe LSM Groepe 6 - 10 Ouderdomsgroep 25 - 49

Program formaat 40% Gesprek 60% Musiek

Luisteraarsyfers Overvaal Stereo het ‘n luistertal van ongeveer 66 000 luisteraars (RAMS Augustus 2014) en saai daagliks gereelde weervoorspellings en nuusbulletins uit (wat plaaslike nuus insluit).Overvaal Stereo, Van Toeka tot Nou. https://overvaalstereo.co.za/about-us/ Besoek op 24 Januarie 2024

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse radiostasies Kategorie:Suid-Afrikaanse radiostasies‎