thumb|260px|links|Pamela Colman Smith se waterverfskildery The Blue Cat (1907).

Pamela Colman Smith (16 Februarie 1878 - 18 September 1951, bynaam "Pixie") was 'n Britse kunstenaar, illustreerder, skrywer, uitgewer en okkultis. Sy is veral bekend as die illustreerder van die Rider-Waite-tarotkaarte (ook genoem die Rider-Waite-Smith- of Waite-Smith-pak) vir A.E. Waite.

Dié pak het die standaard onder lesers van tarotkaarte geword en word vandag steeds algemeen gebruik.

Smith het meer as 20 boeke geïlustreer, twee versamelings Jamaikaanse folklore geskryf, was die redakteur van twee tydskrifte en het die Green Sheaf Press, 'n klein drukkery wat op vroueskrywers gefokus het, bestuur.

Smith het in 1901 by die Hermetiese Orde van die Goue daeraad aangesluit, waar sy Waite ontmoet het. In 1909 het Waite Smith 'n opdrag gegee: om 'n pak tarotkaarte te illustreer wat by die kunswêreld aanklank sou vind, en die resultaat was die unieke Waite-Smith-tarotpak. Dit is die wêreld se gewildste tarotpak met 78 kaarte. Die innoverende kaarte bevat volle tonele op al die kaarte, ook die Klein Arcana, wat voorheen nie geïlustreer was nie. Smith se uitsonderlike tekeninge het ook die basis vir die ontwerp van baie daaropvolgende tarotpakke geword.

Verwysings

Skakels Amerikaanse vroue in kuns Biografiese inligting

Kategorie:Tarot