thumb|180px|Krag (VIII) van die Rider-Waite-tarotpak.
Krag is die elfde troefkaart in tarotkaartspeletjies en die elfde of agtste Groot Arcana-kaart in pakke vir waarsêery, na gelang van die pak kaarte. Dit word in albei gebruik. Histories is dit "Moed" genoem en in die Thoth-tarotpak word dit "Wellus" genoem.
Beskrywing Die ontwerp van die kaart is redelik konstant in verskillende pakke kaarte. Die hoofelemente is 'n vrou en 'n leeu, met die vrou wat oor die leeu leun. Op baie kaarte, soos in die Rider-Waite-tarotpak, hou die vrou die leeu se kake vas. Op sommige is daar 'n oneindigheidsimbool, of lemniskaat, bo die vrou se kop. Blomme is dikwels teenwoordig.
Volgens Eden Gray, wat die esoteriese betekenis van tarotkaarte beskryf het, verteenwoordig die lemniskaat verligting en spirituele krag, terwyl die leeu dierlike passie en aardse hunkerings simboliseer.Gray, Eden. "Complete Guide to the Tarot." 1970. Crown Publishers, New York, NY.
Geskiedenis Krag is aanvanklik "Moed" genoem en gaan saam met nog twee kardinale deugde in die Groot Arcana: matigheid en geregtigheid.
Numering Krag is tradisioneel die elfde kaart en Geregtigheid die agtste, maar die invloedryke Rider-Waite-tarotpak het die posisie van dié twee kaarte omgeruil om hulle beter te laat inpas by die astrologiese ooreenkomste van die Hermetiese Orde van die Goue Daeraad, wat die agtste kaart met die Leeu verbind het en die elfde kaart met die Weegskaal. Vandag gebruik baie pakke steeds dié numering, veral in die Engelssprekende wêreld.
Vertolking Volgens A.E. Waite se boek van 1910 Pictorial Key to the Tarot het die Kragkaart baie betekenisse in waarsêery:
8 MOED – krag, energie, aksie, moed, grootheid van siel; ook algehele sukses en eerbewyse. Omgekeer – despotisme, magsmisbruik, swakheid, onenigheid en soms oneer.
In astrologie word die kaart verbind met die manlike teken Leeu en sy heersende hemelliggaam, die Son.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Groot Arcana