Edwill van Aarde (20 Desember 1938 – 3 Januarie 2024) was 'n televisie-, radio-omroeper en sportkommentator in Suid-Afrika. Hy was die aanbieder en kommentator met die langste ononderbroke diens by enige uitsaaier in Suid-Afrika, 50 jaar (in 2011).
Persoonlike lewe Van Aarde is op 20 Desember 1938 in Kimberley, Suid-Afrika gebore. Hy het in Boetsap grootgeword. Hy het skoolgegaan by die Laerskool Vaalharts en die Hoërskool Diamantveld, waar hy in 1957 gematrikuleer het. Hy was getroud met Piena Margeretha Forbes Ochse.
Sportkommentaar Hy het 517 krieketwedstryde, 134 rugbywedstryde, 12 Comrades-maratons en 5 Wimbledon-manstenniseindstryde uitgesaai.
Radio Hy het die radioprogram "Afrikaanse treffers" aangebied. Hierdie program het 40 jaar oud geword in 2015.
Televisie Van Aarde was die aanbieder van Flinkdink, 'n algemenekennis- vasvraprogram. Hy was later ook die organiseerder en navorser van die program.
Aanval Hy is op 29 Maart 2010 in sy huis in Krugersdorp deur 'n boosdoener aangeval en fisies aangerand. Hy het die aanval oorleef.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse omroepers Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Sterftes in 2024