Antimima ventricosa is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap en die Wes-Kaap voor. Die plant kom langs die kus van Namakwaland, vanaf Hondeklipbaai tot by die mond van die Oranjerivier en binnelands tot by Clanwilliam voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 10 604 km² en het tans geen bedreigings nie.

Galery

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

ventricosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika