Baeometra uniflora is 'n bladwissellende, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Colchicaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en is deel van die fynbos. Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson. Die spesie blom van Augustus tot Oktober; die blomme is geel tot oranje en is 15-20 mm in diameter.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online Field Guide to Fynbos, John Manning, , 2018
Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika