Oxalis hygrophila is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Oxalidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en het voorgekom by die Pakhuispas. Die spesie is die eerste keer in 2004 gesien net na 'n veldbrand en goeie reënval. In 2006 was daar 'n soortgelyke situasie maar daar is geen teken gevind van die plant nie. Dit word nou as uitgestorwe beskou.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
hygrophila Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika