Change Starts Now is 'n Suid-Afrikaanse politieke beweging wat in Desember 2023 gestig is, wat hul beywer vir sosiale en ekonomiese verandering in ooreenstemming met die beginsels uiteengesit in "The South Africa We Want And Deserve"-manifes. Die beweging word gelei deur Roger Jardine, 'n prominente anti-apartheidsaktivis met 'n rekord in die private sektor en regeringsleierskap. Dit is in Riverlea, Johannesburg-Wes, waar Roger gebore is, van stapel gestuur.
Agtergrond en Grondslag Die beweging het ontstaan as 'n reaksie op voortdurende debatte oor die toestand van Suid-Afrika en 'n waargenome gaping tussen die beloftes wat in die land se grondwet uiteengesit word en die huidige werklikheid.https://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2077-49072019000100004 https://constitutionnet.org/sites/default/files/2022-02/assessing-the-performance-of-the-south-african-constitution.pdf Die stigters is voormalige UDF-leier en toespraakskrywer Murphy Morobe, redakteur en aktivis Mark Heywood, Nicole Fritz van die Helen Suzman-stigting, en anti-apartheidsaktivis en Nelson Mandela se voormalige dokter, dr Aslam Dasoo. Hulle is geïnspireer deur die visie wat in die party se manifes verwoord is wat probeer het om kwessies aan te spreek wat verband hou met gelykheid, waardigheid, sekuriteit, vryheid, onderwys, indiensneming, beskerming, behuising, water, energie, geregtigheid, gesondheidsorg en voedselsekerheid.
Leierskap Roger Jardine is die leier van die politieke beweging. Sy ervaring in die sakesektor, en sy betrokkenheid onderstreep die beweging se verbintenis tot 'n veelsydige benadering wat beide publieke en private sektor perspektiewe insluit.
Openbare ontvangs Openbare ontvangs vir Change Starts Now was uiteenlopend, met ondersteuners wat sy toewyding aan die beginsels soos uiteengesit in "The South Africa We Want And Deserve" geprys. Kritici het egter vrae geopper oor die uitvoerbaarheid en praktiese aard van die implementering van die voorgestelde veranderinge.https://www.iol.co.za/the-star/news/former-joburg-speaker-slams-funding-of-new-political-party-change-starts-now-0c64eaf4-b967-4cb8-80e0-937999e258c2
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 'n Week na die bekendmaking van sy verkiesingsmanifes, het Change Starts Now op 29 Februarie 2024 sy besluit aangekondig om te onttrek van deelname aan die 2024 nasionale en provinsiale verkiesings. Die party, het 'n konstitusionele hof uitspraak aangehaal as deel van die rede vir hierdie besluit. Dit het betrekking op handtekeningkwota wat deur die Verkiesingswysigingswet vereis word.Molefe Seeletsa, 1 Maart 2024, ‘Barriers’ force Change Starts Now not to contest elections, but willing to back other parties, https://www.citizen.co.za/news/south-africa/elections/change-starts-now-wont-contest-elections/ Besoek op 1 Maart 2024.
Verwysings
Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika