240px|thumb|'n Ronde matso.
Matso (meervoud: matso's) is 'n ongesuurde, plat soort brood wat deel van die Joodse kookkuns is en deel vorm van die Joodse Paasfees (ook Pasga, Pesach), wanneer brood met suurdeeg verbode is. Dit kan vierkantig of rond wees.
Volgens die Tora het God opdrag gegee dat die Israeliete gedurende die sewe dae lange fees net ongesuurde brood eet.Eksodus 12:15 Matso's kan óf sag soos 'n pita óf krakerig wees. Net laasgenoemde word kommersieel vervaardig, want sagte matso's het nie 'n lang raklewe nie. Matsomeel kan ook gebruik word om ronde matsoballe (Jiddisj: kneidlach) te maak, wat die hoofbestanddeel van matsobalsop is.
Bybelse bronne Matso, of ongesuurde brood, word 'n paar keer in die Tora genoem in verband met die uittog uit Egipte:
Bestanddele Met die Paasfees moet eenvoudige matso geëet word wat van meel en water gemaak is. Die meel moet gemaak wees van een van vyf soorte graan: koring, gort, spelt, rog of hawer.
Matso wat nie met die Paasfees geëet word nie, kan met uie, knoffel, papawersaad, ensovoorts gemaak word. Dit kan selfs rys, mieliemeel, bokwiet en ander meel bevat.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Judaïsme Kategorie:Graangeregte