duimnael|links|Precision Air Boeing 737-300 by die Mwanza-lughawe in 2010. Precision Air Services Plc (bedryf as Precision Air; DSE: PAL) is 'n Tanzaniese lugredery gebaseer op Julius Nyerere Internasionale Lughawe in Dar-es-Salaam. Die lugredery bedryf geskeduleerde passasiersdienste na Nairobi, Entebbe, en na verskeie lughawens en vliegvelde regdeur Tanzanië.

duimnael| Precision Air ATR 42-300by Kilimanjaro Internasionale Lughawe in 2006. duimnael|Precision Air ATR 72-212A by Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe, Nairobi, in 2012.

Geskiedenis Precision Air is in Januarie 1991 in Tanzanië ingelyf as 'n private lugredery en het in 1993 met bedrywighede begin. Aanvanklik is dit as 'n private huurlugvervoermaatskappy bedryf, maar in November 1993 het dit verander om geskeduleerde dienste aan te bied om die groeiende toeristemark te bedien.

In 2006 het Precision Air die eerste Tanzaniese lugredery geword wat die IATA Operasionele Veiligheidsoudit geslaag het.

In April 2011 het die lugredery 'n openbare maatskappy geword.

Eienaarskap Precision Air was in private besit tot 2003, toe Kenya Airways 'n belang van 49 persent bekom het en VS$2 miljoen betaal het, weke nadat sy mededinger Suid-Afrikaanse Lugdiens 'n 49%-belang in Air Tanzania vir VS$20 miljoen verkry het. Die oorblywende 51 persent is behou deur Michael Shirima, die stigter van die lugredery.

Verwysings

Kategorie:Lugrederye Kategorie:Tanzanië