Peyronie se siekte of Peyroniesiekte is 'n bindweefselsiekte wat die groei van fibrotiese plaak in die sagte weefsel van die menslike penis behels. Gewoonlik vorm letselweefsel in die tunica albuginea, die dik skag weefsel om die hoofereksieweefsel van die penis. Dit veroorsaak pyn, 'n abnormale kromming, erektiele disfunksie en 'n verlies aan dikte en verkorting van die penis.

Dit raak na raming 1-20% van mans. Die toestand raak algemener met ouderdom.

Tekens en simptome 'n Sekere mate van kromming van die penis word as normaal beskou, en baie mense word so gebore. Die siekte kan egter pyn veroorsaak, asook harde, groot koordagtige letsets (lsetwelweefsel wat as "plaak" bekend is) of 'n abnormale kromming van die penis wanneer 'n ereksie ondervind word weens kroniese ontsteking van die tunica albuginea.

Hoewel algemeen geglo word Peyronie se siekte behels altyd die kromtrekking van die penis, veroorsaak die letselweefsel soms eerder knoppe en duike. Die toestand kan seks ook pynlik of moeilik maak. Dit is gewoonlik beperk tot die penis, hoewel sommige mans met Peyronie se siekte ook bindweefselsteurings in die hande, en in 'n mindere mate die voete, ondervind. 'n Toename in die aanmelding van die siekte in geneties verwante mans dui op 'n genetiese komponent. Dit raak mans van enige ras en ouderdom.

Psigososiaal Peyronie se siekte kan ook 'n sielkundige uitwerking hê. Terwyl die meeste mans steeds seks kan hê, ondervind hulle in 'n mate erektiele disfunksie. Soms toon hulle depressie of onttrekking van hulle seksmaat.

Oorsake Die onderliggende oorsake van Peyronie se siekte is onbekend, hoewel dit waarskynlik weens die opbou van plaak in die penis is weens herhaalde ligte seksuele trauma of 'n besering tydens seks.

Risikofaktore sluit in diabetes, penistrauma, rook, te veel alkohol, genetiese faktore en Europese afstamming.

Behandeling Medisyne en aanvullings Baie orale behandelings is bestudeer, maar die resultate is tot dusver gemeng. Sommige beskou die gebruik van niechirurgiese benaderings as omstrede. Vitamien E is in ouer studies ondersoek, maar nie in nuwer studies nie.

Die ensiem Clostridium histolyticum help na berig word met die afbreek van die oortollige kollageen ('n proteïen wat in bindweefsel, been en bloedvatwande aangetref word) in die penis. Dit is in 2013 deur die Amerikaanse FDA (United States Food and Drug Administration) vir behandeling goedgekeur.

Fisieke terapie en toestelle Daar is matige bewyse dat penistraksieterapie, 'n behandeling met min ingryping, kan help; daar is onsekerheid oor die optimale duur van rekking per dag en per behandeling, en die behandeling is moeilik.

Verwysings

Skakels Medscape Urology se oorsig

Kategorie:Andrologie