Ornithogalum pullatum is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Asparagaceae familie. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en kom van Kamiesberg tot in die Hantam-Karoo tussen Calvinia en Nieuwoudtville voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 7 200 km² en is deel van die Sukkulente Karoo. Daar is ses subpopulasies en die spesie word as seldsaam beskou.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

pullatum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika