Die valsrooipeer (Pseudoscolopia polyantha) is 'n struik of boom wat deel is van die Salicaceae-familie. Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson. Die boom se FSA-nommer is 499.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Verspreiding Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal, die Oos- en die Wes-Kaap. Die plant het 'n voorkomsgebied van 13 500 km². Die spesie kom in die Indiese Oseaan-kusgordel voor en is onder meer deel van die fynbos. Die populasie in Pondoland word deur onbeheerde brande bedreig.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Monotipiese takson Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika