Dierama dubium is 'n meerjarige geofiet wat deel is van die Iridaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal, vanaf Mahlabatini tot by Mapumulo, voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 3800 km² en daar is tot sewe subpopulasies. Die spesie word veral in die suide bedreig waar sy habitat vervorm is asook deur gewasverbouing en oorbeweiding.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

dubium Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika