Kaliummetavanadaat is 'n sout van kalium en metavanadiumsuur, 'n oksosuur afgelei van vanadium in sy +5 oksidasietoestand. Dit het die chemiese formule .

Die sout is amfoteries en higroskopies.

Kristalstruktuur Kaliummetavanadaat kistalliseer in 'n ortorombiese struktuur (a=570; b=1082; c=522 pm). Dit het ruimtegroep Pbcm D (57) en die pirokseenstruktuur.

Dit het 'n monohidraat wat 'n ander struktuur besit wat ook ortorombies is (Pnam; (62); a=815,1; 1358,6; c=369,7 pm). In albei strukture vorm die metavanadaat kettings van []-eenhede wat hoeke deel. In die hidraat is die eenheid egter 'n trigonale dipiramied met vyfvoudige koördinasie.

Chemiese eienskappe Kaliummetavanadaat kan verkry word deur vanadium(V)oksied () in 'n verwarmde oplossing van kaliumhidroksied (KOH) op te los en die pH tussen 6,5 en 8 te hou. By afkoeling ontstaan naaldvormige kristalle van albei die vanadaat en sy hidraat afhankelik van die spoed waarmee dit afgekoel word. By 8<pH<10 ontstaan 'n pirovanadaat en by pH>10 die ortovanadaat .

Gebruike Kaliummetavanadaat is 'n belangrike kommersiële produk. Dit word gebruik in die elektronika, katalise en materiaalkunde. Dit word as elektroliet in litiumbatterye aangewend. Ander gebruike is as korrosie-inhibeerder en middel teen skaalvorming. Dit word wyd gebruik in chemiese kunsmisbedrywe, glas- en keramiekbedrywe en farmaseutiese industrieë. Dit word ook gebruik in die proses van pigmentproduksie vir plastiek, emalje, keramieke en vir industriële gasontzwaveling en HS-adsorpsie en -eliminasie.

Verwysings

Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 62 Kategorie:Verbindings van kalium Kategorie:Verbindings van vanadium