Kaliumpermanganaat is 'n sout van kalium en permangaansuur wat mangaan in sy hoogste +7 oksidasietoestand bevat. Die chemiese formule is .

Die stof is oplosbaar in water en gee dieppers oplossings. Dit is 'n baie sterk oksideermiddel.

Kristalstruktuur Kaliumpermanganaat kristalliseer in die ortorombiese barietstruktuur. Dit is die H0-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie.

Chemiese eienskappe Kaliumpermanganaat is 'n sterk oksideermiddel. Dit oksideer sulfiet en swaweldioksied na sulfaat, waterstofsulfied na swael, yster(II)soute na yster(III), oksaalsuur na koolstofdioksied ensomeer. Dit word in redokstitrasies gebruik.

By verhitting word suurstof vrygestel:

Dit vorm 'n mengsel van die bruin mangaan(IV)oksied (met Mn(IV)) en groen kaliummanganaat (met Mn(VI)).

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kalium Kategorie:Verbindings van mangaan