Pentzia trifida is 'n plant wat deel is van die Asteraceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die Wes-Kaap vanaf Arniston tot by Stilbaai. Dit het 'n voorkomsgebied van 2125 km² en is deel van die fynbos. Sommige subpopulasies word bedreig deur ontwikkeling aan die kus en oormatige versamling van die spesie. Daardie subpopualsies in die De Hoop-natuurreservaat is veilig.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
trifida Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika