alt=Cutex Advertisement, Zan-e Rooz 6 January 1968|duimnael|Voorbeeld van 'n Cutex advertensie wat in die Persiese tydskrif Zan-e Rooz, uitgawe 148 – 6 Januarie 1968 verskyn het.

Cutex is 'n handelsmerk van naelsorgprodukte wat deur Revlon, Inc. besit word. Die oorspronklike produk is in 1911 ontwikkel en is deur die Northam Warren-maatskappy op die mark geplaas, wat in Stamford, Connecticut, Verenigde State gebaseer is.

Geskiedenis Northam Warren het die eerste vingernael-kutikulaverwyderaar en naellak in 1911 geskep. Cutex het naeltinte in 1914 bekendgestel, en 'n vloeibare naellak vir die eerste keer in 1917. Die produk het lank geneem voor dit gewild geraak het; in 1927 is berig dat dit 'n modegier in Londen geword het. In 1928 het die maatskappy 'n asetoon-gebaseerde naellakverwyderaar bekendgestel wat veilig was vir huishoushoudelike gebruik en wat gehelp het om die massa-aanvaarding van vloeibare naellak te lei. Cutex was 'n groot naelsorghandelsmerk in die twintigste eeu.

Nuwe eienaarskap en voortgesette produksie In 1960 is Northam Warren deur die maatskappy Chesebrough Ponds verkry. Destyds is Cutex-naellak in 109 lande verkoop.

In April 1997 het Carson Inc. die Cutex-produklyn ten bedrae van VS$41 miljoen aangeskaf vir verkope in die VSA en Puerto Rico. Die volgende jaar, in Desember 1998, het Carson Cutex aan die Shansby-groep verkoop, om op sy haarversorgingslyn te fokus en skuld te verminder. As deel van die verkoping het Carson die nael- en lipkleurproduklyne behou. Shansby Group het later 'n gesamentlike onderneming met Medtech Labs aangegaan om die publiekverhandelde maatskappy, Prestige Brands, te vorm wat Cutex ingesluit het. Prestige het eienaarskap van Cutex behou tot September 2010, toe dit die handelsmerk aan Arch Equity Partners verkoop het. In 2016 het Arch Equity Partners die Cutex Brands-portefeuljemaatskappy aan Revlon Consumer Products verkoop.

Produkte Cutex het produklyne vir naelversorging en lipkleuring aangebied. Cutex se sorgreekse is oor die jare met bykomende produkte uitgebrei, insluitend die Advanced Revival en Baseworx-produkte in 2012.

Verwysings

Kategorie:Skoonheidsmiddels