Bariumhidroksied is 'n sterk basis, wat 'n hidroksied van barium is. dit het die chemiese formule .

Termiese stabiliteit Die watervrye hidroksied is higroskopies en vervloei maklik wanneer dit blootgestel word aan vogtige lug. Die vorm verskeie hidrate en word dikwels verhandel as die oktohidraat .8. Die oktohidraat smelt teen 78°C en verloor 5 watermolekules teen 125°C en vorm die trihidraat. Teen 180°C word die monohidraat gevorm wat soms ook die vorm is wat kommersieel verhandel word. Die watervrye hidroksied word teen 375°C vrygestel en teen 410°C vind in 'n droë inerte atmosfeer ontbinding na die oksied plaas.

Kristalstruktuur

Die trihidraat het 'n ortorombiese struktuur (ruimtegroep =Pnma; met a = 764,0; b = 1140,3; c = 596,5 pm.)

Die oktahidraat is monoklinies (P2/n met a = 927,4(2), b = 926,0(2), c = 1181,7(3)pm, β = 98.95(2)°) Barium word deur 8 suurstofatome omring in 'n effens verwringde vierkant-antiprisma.

Gebruike Bariumhidroksied word in titrasies van organiese sure gebruik. In teenstelling tot oplossings van natrium- of kaliumhidroksiede bevat bariumhidroksiedoplossings geen karbonaat omrede bariumkarbonaat onoplosbaar is.

Bariumhidroksied word ook as reagens in organiese sintese gebruik bv. om karboksielsure uit hulle esters vry te stel of 'n nitriel in 'n karboksielsuur te verander.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings hidroksied Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 14 Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 62