duimnael|regs|Die Die Triskell-simbool gereeld gebruik in Ierse mitologie. Die Ierse mitologie is die mitologie van voorhristelike Ierland. Dit word oorgelewer in middeleeuse tekste wat dikwels in die Ulster-, Finn-, mitologiese en historiese siklusse verdeel word. Daarbenewens is daar volksverhale waarin mitologiese karakters voorkom en 'n aantal tekste wat nie in die vier siklusse geklassifiseer kan word nie.

Die drie belangrikste bronne is die 11de-eeuse Lebor na hUidre, die 12de-eeuse Lebor Laignech en die Rawlinson-manuskrip. Die taal wat in hierdie tekste gebruik word, is egter ouer en dateer waarskynlik uit die 6de eeu.

Die mitologiese siklus Die mitologiese siklus beskryf die geskiedenis van die Tuatha Dé Danann en die koms van die Gael na Ierland. Die beroemdste bron is Lebor Gabála Érenn. Ander verhale sluit in Bodb Derg, Tochmarc Étaíne, Cath Maige Tuireadh en die verhaal van Lir se kinders.

Ulster-siklus Die Ulster-siklus beskryf die geskiedenis van die Ulaid in die regeerperiode van Conchobar mac Nessa en episodes uit die voorafgaande periode. Belangrike karakters sluit onder andere die held Cú Chulainn en Medb, die koningin van Connacht, in. Die verhale speel op verskillende plekke in Ierland af, maar veral rondom die hof van Conchobar in Emain Macha. Die Táin Bó Cúailnge, Togail Bridene Dá Derga en Deirdre-verhaal behoort tot hierdie siklus.

Finn siklus Die Finn-siklus vertel van die held Fionn mac Cumhaill en die fianna. Dit vind hoofsaaklik in Leinster en Munster plaas. In teenstelling met die Ulster-siklus, word die Finn-siklus hoofsaaklik in poësie geskryf.

Verwysings

Kategorie:Mitologie