thumb|180px|die vloerplan van die tempel.

Die Dodetempel van Seti I is die dodetempel van farao Seti I van die Nuwe Ryk van Egipte. Dit is geleë in die Thebaanse Dodeakker in Bo-Egipte, oorkant die Nyl van die moderne stad Luxor (Thebe) af.

Konstruksie Dit lyk of die tempel gebou is aan die einde van Seti I se bewind en of dit ná sy dood deur sy seun, Ramses die Grote, voltooi is. Een van die kamers bevat 'n heiligdom wat opgedra is aan Seti se vader, Ramses I. Die farao het minder as twee jaar regeer en het nie 'n dodetempel vir homself laat bou nie.

Huidige toestand Die hele hof en die spantorings wat met die terrein verbind word, is nou 'n bouval, en die grootste deel van die ooste van die kompleks lê nou onder die moderne dorp Koerna.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Thebaanse Dodeakker