Hacksaw Ridge is ‘n biografiese oorlogfilm uit 2016 geregisseer deur Mel Gibson en geskryf deur Andrew Knight en Robert Schenkkan, gebaseer op die dokumentêr The Conscientious Objector uit 2014 wat deur Terry Benedict geregisseer is.

Die film fokus op die Tweede Wêreldoorlog-ervarings van Desmond Doss, ‘n Amerikaanse pasifistiese gevegsmedikus wat as Sewendedag Adventiste Christen geweier het om 'n wapen of vuurwapen van enige aard te dra of te gebruik. Doss het die eerste gewetensbeswaarde geword wat die Medalje van Eer ontvang het, vir diens bo en behalwe die diensoproep van plig tydens die Slag van Okinawa. Andrew Garfield speel die rol van Doss, met Sam Worthington, Luke Bracey, Teresa Palmer. Hugo Weaving, Rachel Griffiths, Vince Vaughn en Richard Pyros in ondersteunende rolle.

Verfilming het van September tot Desember 2015 in Australië plaasgevind. Hacksaw Ridge is op 4 November 2016 in die Verenigde State vrygestel en het wêreldwyd $180.4 miljoen verdien. Dit het kritiese lof ontvang, met Gibson se regie en Garfield se vertolking wat besondere lof verdien het. Dit word wyd beskou as ‘n terugkeer na vorm vir Gibson, wie se loopbaan agteruitgegaan het na verskeie kontroversies. Hacksaw Ridge is deur die National Board of Review en American Film Institute gekies as een van hul top tien films van onderskeidelik 2016, en het talle toekennings en nominasies ontvang. Die film het ses Oscar-benoemings ontvang by die 89ste Academy Awards, insluitend Beste Prent, Beste Regisseur, Beste Akteur vir Garfield, en Beste Klankredigering, en het die toekennings vir Beste Klankmenging en Beste Filmredigering gewen. Dit het ook die Golden Globe-benoemings ontvang vir Beste Prent, Beste regisseur en Beste akteur, en 12 Australiese Oscar-benoemings, waarvan die meerderheid gewen het, insluitend Beste Film, Beste Regie, Beste Oorsponklike Draaiboek, Beste Akteur vir Garfield, en Beste Ondersteunende Akteur vir Hugo Weaving.

Storielyn Die verhaal speel af in 1925 in Lynchburg, Virginia waar die jong Desmond Doss sy broer byna vermoor tydens ruwe spel. Hierdie episode, asook sy Sewende-dag Adventiste opvoeding versterk Desmond se geloof en oortuging in die gebod "Jy mag nie moord pleeg nie." Vyftien jaar later neem Doss ‘n beseerde man na die hospital en daar ontmoet hy ‘n verpleegster, Dorothy Schutte. Hulle raak romanties betrokke, en Doss vertel Dorothy van sy belangstelling in mediese werk.

Na die Japanese aanval op Pearl Harbor wat die Verenigde State in die Tweede Wêreldoorlog betrek, meld Doss aan by die Verenigde State-lëer om as ‘n gevegsmedikus te dien. Sy pa, Tom, ‘n veteraan in die Eerste Wêreldoorlog wat aan posttraumatiese stressteuring ly, is diep onsteld oor die besluit. Desmond en Dorothy raak verloof.

Doss word in basiese opleiding onder bevel van sersant Howell geplaas. Hy presteer fisies uitstekend, maar word ‘n paria onder sy medesoldate omdat hy weier om ‘n geweer te hanteer en op Saterdae te oefen. Howell en Kaptein Glover probeer om Doss op psigiatriese gronde volgens Artikel 8 te ontslaan, maar word van die hand gewys, aangesien Doss se godsdienstige oortuigings nie geestesongesteldheid uitmaak nie. Hulle teister Doss daarna deur hom deur uitmergelende arbeid te sit, met die doel om hom uit te dryf. Ondanks dat hy een nag deur sy medesoldate geslaan is, weier hy om sy aanvallers te identifiseer.

Doss se eenheid voltooi basiese opleiding en word verlof gegun, waartydens hy beplan om met Dorothy te trou, maar sy weiering om ‘n vuurwapen te dra lei tot ‘n inheggtenisneming vir ongehoorsaamheid. Kaptein Glover en Dorothy besoek Doss in die tronk en probeer hom oortuig om skuldig te pleit sodat hy sonder aanklag vrygelaat kan word, maar Doss weier om sy oortuigings te verraai.

By sy krygsraad pleit Doss onskuldig, maar voordat hy gevonnis word, storm sy pa in die tribunal met ‘n brief van sy voormalige bevelvoerder (nou ‘n brigadier-generaal]) waarin hy verklaar dat sy seun se pasifisme deur die Amerikaanse Grondwet beskerm word. Die aanklagte teen Doss word laat vaar, en hy en Dorothy is getroud.

Doss se eenheid word aan die 77ste Infanteriedivisie toegewys en ontplooi na die Stille Oseaan-gebied. Tydens die Slag van Okinawa sal Doss se eenheid die 96ste Infanteriedivisie] verlig, wat die taak gehad het om die Maeda-platorand (“Hacksaw Ridge”) te beklim en te beveilig. Tydens die aanvanklike geveg, met swaar verliese aan beide kante, red Doss die lewe van sy spanmaat Smitty en verdien sy respek. Terwyl die Amerikaners vir die nag kampeer, openbaar Doss aan Smitty dat sy afkeer om ‘n vuurwapen te hou voortspruit uit die feit dat hy sy dronk pa, wat sy ma met ‘n geweer gedreig het, byna geskiet het. Smitty vra om verskoning dat hy aan sy moed getwyfel het, en hul versoen.

Die volgende oggend loods die Japanese ‘n massiewe teenaanval en verdryf die Amerikaners van die kliprand af. Smitty word gedood, en Howell en verskeie van Doss se kamerade word beseer op die slagveld agtergelaat. Doss hoor die krete van sterwende soldate en keer terug om hulle te red deur die gewondes en Smitty se lyk na die rand van die klip te dra en hulle af te laat deur middel van 'n tou, en elke keer bid om nog een te red. Die aankoms van tientalle gewondes wat vermoedelik dood is, kom as ‘n skok vir die van die eenheid onderaan die rand. Teen dagbreek, red Doss Howell en ontsnap hulle ablei onder vyandige geweervuur uit Hacksaw.

Kaptein Glover vra om verskoning dat hy Doss se oortuigings as “lafhartigheid” afgemaak het, en sê dat hulle Saterdag weer die rant sal inneem, maar nie die volgende aanval sonder hom sal loods nie. Doss stem saam, maar die operasie word uitgestel/vertraag tot nadat hy sy Sabbatsgebede afgesluit het. Met versterkings keer hulle die gety van die geveg. In ‘n hinderlaag wat duer Japannese soldate opgestel is wat voorgee dat hulle oorgee, slaag Doss daarin om Glover en ander te red deur vyandige granate af te weer. Doss word gewond deur ‘n granaatontploffing, maar die stryd is gewen. Doss word van die krans af laat sak met die Bybel wat Dorothy aan/vir hom gegee het.

Die film skakel oor na regte foto’s en beeldmateriaal wat toon dat Doss die Medalje van Eer deur President Harry S. Truman ontvang het vir die redding van 75 soldate by Hacksaw Ridge, sowel as werklike beeldmateriaal van Doss net voor sy dood, waar hy sy ervarings tydens die oorlog oorvertel.

Rolverdeling Andrew Garfield as Desmond Doss Sam Worthington as kaptein Jack Glover Luke Bracey as 'Smitty' Ryker Hugo Weaving as Tom Doss, Desmond se pa Teresa Palmer as Dorothy Schutte, Desmond se vrou Rachel Griffiths as Bertha Doss, Desmond se ma Vince Vaughn as sersant Howell Ryan Corr as luitenant Manville Richard Roxburgh as kolonel Stelzer Luke Pegler as Milt 'Hollywood' Zane Richard Pyros as Randall 'leer' voller Ben Mingay as 'Grease' Nolan Michael Sheasby as 'Tex' Lewis Firass Dirani as Vito Rinnelli Damien Thomlinson as Ralph Morgan Matt Nable as luitenant-kolonel Cooney Ben O'Toole as korporaal Jessop Nathaniel Buzolic as Harold 'Hal' Doss, Desmond se broer Milo Gibson as 'Gelukkige' Ford Goran D. Kleut as Andy 'Ghoul' Walker

Produksie Ontwikkeling Hacksaw Ridge was 14 jaar lank in ontwikkelingslimbo. Talle vervaardigers het dekades lank probeer om Doss se vehaal op film vas te lê, insluitend die bekroonde oorlogsheld Audie Murphy en Hal B. Wallis.

In 2001, nadat hy Doss uiteindelik oortuig het dat die maak van ‘n film oor sy merkwaardige lewe die regte ding was om te doen, het die draaiboekskrywer/vervaardiger Gregory Crosby (kleinseun van Bing Crosby) die konsep geskryf en die projek na die filmvervaardiger, David Permut, van Permut Presentations, gebring deur die vroeë samewerking van Stan Jensen van die Sewendedag-Adeventistekerk, wat uiteindelik daartoe gelei het dat die film gefinansier is.

In 2004 het die regisseur Terry Benedict die regte gewen om ‘n dokumentêr oor Doss, The Conscientious Objector, te maak en in die proses die dramatiese filmregte verseker. Doss is egter in 2006 oorlede, waarna vervaardiger Bill Mechanic die regte bekom en dit aan Walden Media verkoop het, wat die projek saam met vervaardiger David Permut ontwikkel het. Walden Media het aangedring op ‘n PG-13 weergawe van die stryd, en Mechanic het jare lank gewerk om die regte terug te koop.

Nadat hy die regte bekom het, het Mechanic Mel Gibson genader en wou hê hy moes ‘n samevoeging van geweld en geloof skep, soos hy met The Passion of the Christ (2004) gedoen het. Gibson het die aanbod twee keer afgewys, soos hy voorheen met Braveheart (1995) gedoen het. Bykans ‘n dekade later het Gibson uiteindelik ingestem om te regisseur, ‘n besluit wat in November 2014 aangekondig is. Dieselfde maand is dit bevestig dat Andrew Garfeld die rol van Desmond Doss gaan vertolk.

Met n begroting van $40 miljoen het die span steeds vele uitdagings in die gesig gestaar. Hacksaw Ridge het ‘n internasionale mede-produksie geword, met sleutelspelers en firmas in beide die Verenigde State en Australië. Toe Australiese belastingsaansporings van die tafel af is, moes die film as Australies gekwalifiseer word om regeringsubsidies te ontvang. Ten spyte van die feit dat hy in Amerika gebore is, het Gibson se vroeë jare in Australië die film gehelp om te kwalifiseer, tesame met die meeste van die rolverdeling Australies, waaronder Rachel Griffiths, Teresa Palmer, Sam Worthington, Hugo Weaving, Richard Roxburgh, Richard Pyros en Luke Bracey. Volgens vervaardiger Bill Mechanic het Australiese staat- en federale subsidies die finansiering van die film moontlik gemaak. James M. Vernon, 'n Australiese uitvoerende vervaardiger op Hacksaw Ridge, het die film gehelp om vir Australiese regeringsubsidies te kwalifiseer. Op 9 Februarie 2015 het IM Global ‘n ooreenkoms gesluit om die film te financier en het ook die film aan die internasionale market verkoop. Op dieselfde dag het Lionsgate die Noord-Amerikaanse verspreidingsregte van die film verkry.Die Chinese verspreidingsregte is deur Bliss Media, ‘n in Sjanghai gebasseerde filmproduksie- en verspreidingsmaatskappy, verkry. Hacksaw Ridge is die eerste film wat deur Gibson sedert Apocalypto in 2006 geregisseer is, en dit is ‘n afwyking van sy vorige films, soos Apocalypto en Braveheart, waarin die hofkarakters gewelddadig opgetree het.

Skryf Robert Schenkkan het die aanvanklike konsep geskep en Randall Wallace, wat voorheen verbonde was aan die regie van die film, het die draaiboek herskryf. Andrew Knight het die hersiene skrif gepoleer. Gibson se sakevennoot Bruce Davey het ook die film saam met Paul Currie vervaardig.

Rolverdeling Die rolverdeling —Andrew Garfield, Vince Vaughn, Sam Worthington, Luke Bracey, Teresa Palmer, Rachel Griffiths, Richard Roxburgh, Luke Pegler, Richard Pyros, Ben Mingay, Firass Dirani, Nico Cortez, Michael Sheasby, Goran Kleut, Jacob Warner, Harry Greenwood, Damien Thomlinson, Ben O'Toole, Benedict Hardie, Robert Morgan, Ori Pfeffer, Milo Gibson en Nathaniel Buzolic, Hugo Weaving en Ryan Corr — is tussen November 2014 en Oktober 2015 aangekondig. Die jonger Doss is gespeel deur Darcy Bryce.