Skandiumfosfaat is 'n sout van skandium en fosforsuur met die chemiese formule .
Enkelkristalle van hierdie verbinding is vervaardigd deur die oksied in 'n fluks van loodpirofosfaat op te los teen 1630K en na 'n paar dae die fluks af te koel tot 1170K teen 1K/h. Die fluks is daarna opgelos in kokende salpetersuur vir verskeie weke. Die resultaat was deursigtige skandiumfosfaatkristalle van 1-5 mm grootte Kristalstruktuur Die verbinding kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur soos die mineraal xenotiem. Hierdie struktuur is as die sirkoon-struktuur bekend, die S1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit is ook die struktuur van en die later lantaniedfosfate , Ln=Tb,Dy,Ho,Er,Tm,Yb en Lu.
Gebruike Skandiumione kan uitgeloog word en dan as fosfaat neergeslaan. Dit is 'n goeie skeidingsmetode vir hierdie rare en kosbare element. Die fosfaat self het egter geen gebruike nie maar dit kan deur verhitting tot 1000°C met natriumverbindings met 'n lae smeltpunt soos die sulfaat, die karbonaat of die chloried in die gemengde fosfaat en uiteindelik die oksiede en omgeskakel word.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van skandium