Oldenlandia herbacea (L). Roxb is 'n plant uit die familie Rubiaceae wat inheems aan Suid-Afrika is. Dit kom in tropiese en subtropiese Afrika voor en dit is wydverspreid suid van die Sahara, Oos-Asië Indië, Sri Lanka, Bangladesj en die Andaman-eilande.
Dit is 'n regop eenjarige of meerjarige kruid wat tot 50 cm lank kan word, soms tot 60 cm. Die skraal stamme is gewoonlik baie vertakt. Die plant word uit die natuur geoes vir plaaslike gebruik as medisyn en kleurstof.
Daar word in Suid-Afrika drie variëteite onderskei: Oldenlandia herbacea (L.) Roxb. var. flaccida Bremek. in Gauteng en Limpopo. Oldenlandia herbacea (L.) Roxb. var. herbacea - in Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noord-Wes Oldenlandia herbacea (L.) Roxb. var. suffruticosa Bremek. -- in Limpopo en Mpumalanga; endemies aan Suid-Afrika
By Letaba in die Krugerwildtuin maak hierdie plant deel uit van die Xerophyta humilis - Oldenlandia herbacea-sypelgemeenskap. Dit kom net op 'n paar plekke voor waar ondergrondse water na die oppervlakte sypel in die middel van 'n savanne wat deur Colophospermum mopane beheers word.
Verwysings
Kategorie:Flora van Suid-Afrika