{ "type": "FeatureCollection", "features": [

"type": "Feature", "properties": {}, "geometry": { "type": "Point", "coordinates": [ 18.705556, -32.786667 ]

] }Piket-Bo-Berg is 'n plaasgemeenskap geleë in die Weskus-distriksmunisipaliteit van die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die gemeenskap lê bo-op die Piketberg en is noordwes van Piketberg (dorp) en noord van Goedverwacht geplaas. Dit is oor die jare deur 'n verskeidenheid boere bewerk en later, van die vroeë 1700's af, onder hul kinders verdeel. Voorheen is die Bo-Berg deur Boesmans bewoon, naamlik die Khoikhoi (Hottentotte) en die San.

Teen 1810 is daar reeds vyf plase op die Berg gevestig. Dié was naamlik Moutonsvlei,Smith, M.H.D. (1985) Boerepioniers van die Sandveld. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, bl. 71-72: Johannes Nicolaas Smit... Daarna koop hy twee derdes van Moutonsvlei, die tuinplaas geleë bo-op die Piketberge. Tweefontein,Smith, M.H.D. (1985) Boerepioniers van die Sandveld. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, bl. 89: Stephanus Christiaan, gedoop 18.11.1771, woon Tweefontein bo-op Piketberg... Rheeboksfontein, KafferskloofSmith, M.H.D. (1985) Boerepioniers van die Sandveld. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, bl. 190: Om die hoofstuk oor die Lambrechtse af te sluit kan laastens vermeld word dat ander nasate van die eerste Lambrechtse hulle bo-op die Piketberge as boere gaan vestig het. Die nageslag van hierdie groep besit tans nog die plaas Kafferskloof. en Voorstevlei. Die voorgenoemde Goedverwacht word buite rekening gelaat en word gewoonlik as "onder die Berg" beskou omrede dit so laag af in die kloof lê.

Die Berg en vrugteverbouing Op 21 Februarie 1814 het 'n Britse soldaat, die Skotse luitenant James Ewart, die Berg opgegaan. Hy het beskryf hoe die tuinboere van die Berg tabak in toue en rolle spin, lemoene, suurlemoene, granate, waatlemoene, vye, perskes, appelkose, amandels, appels en pere kweek en vrugte droog. 'n Klein hoeveelheid wyn en brandewyn is ook gemaak.Leibbrandt, H.C.V. (1905) Precis of the archives of the Cape of Good Hope, bl. 141 Dit is gevolglik interessant om te sien hoe boerdery op die Berg vir minstens 150 jaar lank grootliks op dieselfde basis bedryf is.

Boesmantekeninge duimnael|221x221px|Boesman-tekening, moontlik van 'n bok en 'n eland duimnael|Boesman-tekening van drie mans op die Piket-Bo-Berg Soos die naam van die Boesmansrivier aandui, waarvan die bolope deur die berg se klofies vloei, benewens die rotstekeninge by Bushman's Hollow, was die boesmans die eerste inwoners van die Berg. Piket-Bo-Berg se Langberg het ook Boesmantekeninge. Al die tekeninge is in rooi oker, behalwe een van 'n koei wat in wit kleurstof aangebring is. Diere en mense is uitgebeeld in die tekeninge wat tussen 50 mm en 100 mm hoog is. Een van die tekeninge is van 'n trop bobbejane en 'n ander van drie wildehonde om 'n vuur. Die tekeninge by Bangkoppie is van klein handafdrukke in rooi verf teen die rotse. Die tekeninge op regterhand, alhoewel nie onder voorgenoemdes nie, is almal op die Berg gevind.

Piket-Bo-Berg en vragmotors In die 1920er jare het die eerste vragmotors op die ou Versfeldpas (Ossewaenspas) gery. In die 1940's moes mense met vragmotors op- en afry omdat daar geen ander toegangsweg vir motorvoertuie tot die Berg was nie en die owerhede hulself nog nie daartoe kon dryf om 'n moderne pad te bou nie. Later is die nuwe Versfeldpas gebou en geteer, wat vandag deur meeste mense gebruik word om die Berg te bereik.Smith, M.H.D. (1985) Boerepioniers van die Sandveld, bl. 62-63

Geskiedenis van plase en afdelings

Moutonsvlei Vermoedelik sou Moutonsvlei, in die Moutonsvallei geleë, oorspronklik deel van Namaquasfontein-plaas gewees het wat reeds in 1723 aangelê is. Die boer het die plaas De Kromme Hoek genoemKaapse Argiefbewaarplek. RLR 38, Vol 1, bl. 51 wat dan Moutonshoek geword het, en waarvan Moutonsvlei ‘n plaasonderverdeling was. Moutonsvlei is in 1839 aan Willem van Zyl verkoop.

Teen 1849 was Moutonsvlei nog maar 'n swak ontwikkelde plaas met 'n eenvoudige plaasopstal en min bome. Daar was egter alreeds 'n lemoenboord volgens 'n tekening wat J.C. Poortermans in daardie jaar gemaak het. Die plaas het die afgelope 200 jaar verskeie eienaars gehad en was ook nie deurgaans permanent bewoon nie. Dit is deur van die vorige eienaars in die somermaande bewoon wanneer dit ondraaglik warm onder die Berg was. Die familie Versfeld was die volgende eienaars en het die plaas Moutonsvlei in 1872 vir £800 gekoop. In 1872 koop Johannes Paulus Eksteen Versfeld Moutonsvlei, 3 850 hektaar groot, van die twee broers Johannes Nicolaas en Theunis Daniël Smit. Hy het heelwat boegoe op die berg aangetref waarvan die familie Versfeld sedert 1872, en tot selfs ná die heengaan van Walter Versfeld, na die buiteland uitgevoer het.Coetzer, Helene (1957). Die bergplase van Piketberg. bl 6. John Versfeld het Moutonsvlei ontwikkel tot 'n pragplaas. Hy het vrugteboorde aangeplant, bykomstig tot die enkeles wat daar alreeds was en het die eikelanings aangelê. Die Versfelds het Moutonsvlei verder onderverdeel en die plase Stawelklip (1925), Kersefontein en Seven Oaks het ontstaan. Eersgenoemde twee was van Walter Versfeld se grond, terwyl Seven Oaks aan sy broer William behoort het. William het veral met boegoe geboer en het ook boegoe-olie gestook. Frank Versfeld (Francis John, geb. 28 Desember 1874) het na sy vader se dood in 1896, die boerdery op Moutonsvlei oorgeneem. Op 16 November 1952 het Frank se seun John die plaas Moutonsvlei aan Peter H. Starke verkoop en daarmee het die plaas se verbintenis tot die Versfeld familie ten einde geloop.

Kafferskloof Teen die jaar 1800 het Michiel Johannes Lucas (1766-1840) te Kafferskloof gewoon. Van sy afstammelinge was teen 1865 nog daar woonagtig en dit is hier waar hulle die tabaktboerdery begin het wat vir sowat 'n 150  jaar lank op die Berg voortgeduur het en waaraan die familie se naam gekoppel geraak het. In 1898 het Jacobus Johannes Lambrechts Kafferskloof gekoop.

Tweefontein Die ou plaas Twee Fontynen op die Platberg is voor 1781 deur Jurgen Hanenkamp bewoon en toe hy die plaas verlaat het, is Frederik DiederikszKaapse Argiefbewaarplek. R L R. 28(2), bl. 227 toegelaat om hom op die plaas te vestig. Afstammelinge van hierdie familie, woon na meer as 200 jaar nog steeds op die Berg. Die familie Diederiks was van die Berg se mees gerespekteerde bruin families. Die oorspronklike plaas het van die huidige plase en kleinhoewes van Eagle's Pride af, oor Weltevrede en tot by die suidelike grense van Adullam gestrek. Op 27 Januarie 1870 was die plaas nog 2 598 morg groot en het dit uit die boedel van Johanna Adriana Lucas (gebore Vermeulen), oorgegaan na haar vier seuns. Tweefontein is later in verskeie tuinplase onderverdeel en verskeie families het hier gewoon.

Rheeboksfontein duimnael|Rheeboksfontein-afdeling op Piket-Bo-Berg Hierdie plaas het blykbaar vroeër jare vir Langberg-plaas aangesluit. Rheeboksfontein het al die hedendaagse plase soos Langberg, Stalkrans, Tierhoek, Achtervlei, Morester, Januariesfontein, Dennegeur, Kleinbegin en die gedeelte wat steeds as Rheeboksfontein bekend is ingesluit. Francis Johannes (Frank) Smith, seun van F. J. J. van Langberg, koop in die 1940's gedeelte 5 van die plaas wat vandag nog die naam dra. Sy seun Lambert (Bert) Karel het na sy dood die plaas bekom.

Langberg duimnael|Plaas op Piket-Bo-Berg vanaf Beacon Isle staproete Die plaas is in 1831 aan Stephanus Christian Smit toegeken en het daarna verskeie eienaars gehad wat gesukkel het om 'n bestaan daar te maak. Daar is egter aanduidings dat die plaas moontlik selfs al in die vorige eeu bewoon was.Burger, W.A. (1975) Piket teen 'n berg, die geskiedenis van Piketberg 1660-1970, bl. 319 Versfeld en sy vrou, Mary Metcalf, het op Langberg gaan woon nadat hulle £300 (R600) kontant vir die plaas betaal het wat op daardie stadium aan ene Daniel A. Lambrechts behoort het. In 1872 het die Versfelds na Moutonsvlei getrek en daar gaan boer. Francois J.J. Smith het Langberg van die Versfelds gekoop. Teen ongeveer die middel vyftiger jare het Christiaan Johannes Smith, Frank se jonger broer, Langberg aan die familie Green verkoop. Daar was op een stadium so 'n konsentrasie van mense om Langberg dat daar in 1920 'n skooltjie geopen is wat tot in 1939 bestaan het, waarna dit by die Sunnybrook-skool ingelyf is.

Diepkloof Diepkloof was die plaas van Corelis Johannes Erasmus Paxton en eggenote Christoffelina Geldenhuys. Hy het die plaas op 23 Februarie 1927 van Walter Versfeld gekoop, wat dit van Stawelklip afgesny Het.

Sterkfontein Nadat hul vader, Dirk, aanvanklik te Moutonsvlei gewoon het, het sy seun, Dirk Johannes Jacobus ("Dirk Eli"), hom te Sterkfontein gevestig waar sy kinders grootgeword het. Op 'n deel van die oorspronklike plaas het sy broer Johannes Jacobus ("Jan Bek") met sy gesin gewoon. Dirk Eli het die plaas in 1927 van Walter Versfeld gekoop wat dit van Stawelklip afgesny het.

Voorstevlei Die ou plaas Voorstevlei se naam was oorspronklik Voorste Valley. Een van die vroeë eienaars was Jurgen Hanekom wat die plaas op 28 Februarie 1839 bekom het. In 1852 was Gert Olivier die eienaar en op 18 Maart 1869 Johannes (John) Versfeld van Langberg wat die plaas vir R1 000 gekoop het, want op daardie stadium was dit 'n buurplaas. 'n Deel van Voorstevlei het teen 1921 aan Jacobus Burger behoort wat verwant was aan die Burger van Goedverwacht. Dié gedeelte word in 1922 die plaas Heldervue met Christopher Armstrong as eienaar.

Die oorspronklike plaas Voorste Valley het al die plase ingesluit wat ons vandag as Heldervue, Heideland, Pomona, Tierkloof, Dassieklip, Paardekraal en Vergesig ken, en dit het gestrek tot die bopunt van die nuwe Versfeldpas.

Protea/Vergesig Die plaas Protea het ook op 'n stadium aan Walter Versfeld behoort. Volgens Gert J. Coetzee het Walter Versfeld hierdie plaas vir Hendrik Burger, present gegee. 'n Latere intrekker, Michiel Wilhelm Hamman, het op 11 Mei 1951 die plaas gekoop en dit die naam van Vergesig gegee. Sy seun, is dikwels op skool geterg met die stelling dat die  plaas se naam eintlik "bobbejaangesig" moes gewees het omrede dit gegrens het aan 'n stuk ruwe bergveld waar bobbejane gehou het. Die naamgewer het egter die uitsig op Tafelberg, wat mens op 'n mooi dag duidelik in die verte kon sien lê, in gedagte gehad.

Achtervlei Blykbaar bestaan die plaas al sedert Augustus 1893 toe John Versfeld 'n gedeelte daarvan bekom het. Francois J.J. Smith het die plaas in 1913 gekoop. Dit is waarskynlik oorspronklik van Rheeboksfontein afgesny. In 1924 koop Dirk Johannes Geldenhuis vir Achtervlei. Sy seun met dieselfde naam, Dirk "Tandjies" het later te Diepkloof gewoon. In 1943 verkoop Dirk Door 'n gedeelte aan Jasper G.J. Smit en in 1953 'n deel aan Nikolaas J. Walters. Die plase Moreson, Stratmore, Tierhoek en Noupoort is almal onderverdelings van hierdie plaas. 'n Gedeelte van Achtervlei is in Januarie 1951 deur Cyril John Charles Burrell gekoop.

Avontuur Op Avontuur het families het mekaar redelik vinnig afgewissel. Omstreeks 1900 het Dirk Jacobus Lucas en sy vrou hier gewoon. Op een stadium het Hennie Lambrechts, wat ook op Langberg was, hier gewoon. Bester-families, soos dié van Philip J. en Hendrik Hermanus, het in die dertiger tot veertiger jare hier gewoon. Hennie Lambrechts en sy vrou, Sophia, het hier finansieel baie swaar gekry en het die plaas later aan Walter Versfeld vir £800 verkoop.

Zandleegte/Sandleegte Aan die begin van die eeu het Hermanus Jozua Engelbrecht se vader hier gewoon. Jan Engelbrecht het ook nog hier gewoon toe sy vyf oudste kinders skool toe is. Die ou pad dorp toe van Stawelklip af het oor Zandleegte, verby die ou Kamelklip met die ou Versfeldpas af na Voëlvlei geloop.

Eagle's Pride