Kwik(II)sulfaat is 'n sout van kwik in sy oksidasietoestand +2 en swawelsuur met die chemiese formule .

Dit is baie toksies by inaseming en inname. Dit ontbind teen 450°C en vorm baie toksiese dampe van kwik en swaeloksiede. In water vorm dit 'n onoplosbare geel sulfaathidroksied.

Dit word gebruik vir die ekstraksie van goud en silwer uit piriete en om ander kwikverbindings te vervaardig. Dit word ook in batterye se elektroliete aangewend. Dit word gebruik om kwik(I)- en kwik(II)chloried te vervaardig. In die analitiese chemie word dit gebruik om chloriedione te bind. Dit is 'n katalisator vir die produksie van asetaldehied.

Dit word vervaardig deur kwik(II)oksied of kwik self in swaelsuur op te los.

Kristalstrukture Watervrye kwik(II)sulfaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur. Die kwikatome is in 'n verwring-tetraëdriese omringing deur vier suurstofatome wat tot tetraëdriese sulfaatione behoort. Die kwikatome is deur die sulfaatgroepe in sigsagkettings verbind.

Die verbinding vorm 'n monohidraat . wat 'n ander ortorombiese struktuur het met ruimtegroep Pnma en a = 787,96(9), b = 542,09(4), c = 897,04(7) pm. Die Hg-atoom is gekoördineer deur een sulfaat O-atoom en een watermolekule wat diskrete .-groepe vorm. Hulle is deur waterstofbindings verbind om 'n driedimensionele struktuur te vorm. Vier verder verwyderde O-atome van ander sulfaattetraëders voltooi 'n onreëlmatige oktaëder rondom die Hg-atoom.

Verwysings

Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kwik Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 62