Kwik(I)chloried is 'n chloried van kwik is sy +1 oksidasietoestand. Dit is molekulêre verbinding met die formule . Die stof kom in die natuur as die mineraal kalomel voor.
Kristalstuktuur duimnael|links|Die D3-struktuur Kwik(I)chloried kristalliseer in 'n tetragonale molekulêre struktuur. Dit is die argetipe van die D3-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie en bestaan uit linêere Cl-Hg-Hg-Cl-molekules wat in 'n liggaamsgesentreerde sel in die rigting van die c-as lê. het dieselfde struktuur en xenondifluoried het 'n verwante struktuur, al is dit met drieatomige molekules pleks van molekules met vier atome.
Chemiese eienskappe Die verbinding kan beskou word as 'n sout van Hg. Die kristalstruktuur van Hg(I)verbindings soos die chloried, die bromied, die jodied en die dihidraat-nitraat wys egter dat hierdie ioon as 'n dimeer Hg voorkom met 'n Hg-Hg-binding van respektiewelik 253pm, 258pm, 269pm en 254pm lengte. Dit kan verklaar word deur die elektronkonfigurasie van die Hg-ioon wat as [Xe]4f5d6s weergegee kan word. Dit het dus 'n ongepaarde s-elektron soos 'n waterstof- of 'n litiumatoom en kan hierdeur 'n dimeer met 'n 6s-6s-sigmabinding vorm, nes in H of Li.
Kwik(I)nitraat kan verkry word deur kwik met 'n ondermaat salpetersuur te laat reageer. Dit is 'n oplosbare kwik(I)sout. Indien soutsuur bygevoeg word slaan kwik(I)chloried neer:
Kwik(I)chloried los nie in soutsuur of salpetersuur op nie, maar koningswater oksideer dit tot kwik(II)chloried wat baie beter oplos. Met ammoniumhidroksied kleur kwik(I)chloried swart deur die vorming van 'n kompleks.
Gebruike Elektrochemie Kwik(I)chloried word gebruik in die kalomelelektrode. Vanweë die toksiese eienskappe van kwik en sy verbindings word hierdie elektrode nogtans vervang deur die silwerchloriedelektrode. Solank die elektrodes nie breek nie, is daar min besoedelingsgevaar, maar in die geval van breek is die silwer een minder geneig tot besoedeling aangesien silwer 'n vaste stof is in plaas van 'n vloeistof. Katalisator Kwik(I)chloried word in China baie as katalisator gebruik vir die vervaardiging van vinielchloried, die monomeer waaruit PVC vervaardig word. Hulle gebruik 'n proses wat asetileen met waterstofchloried laat reageer. Ongelukkig is vlugtig teen dié proses se werkstemperatuur. Dit beteken dat dit ontsnap en die omgewing besoedel. Vanweë die Minimata-konvensie oor kwik van 2013 moet hierdie proses vervang word. Daar word navorsing gedoen op 'n katalisator gebaseer op goud.
Medies In die verlede is kwik en sy verbindings dikwels in medikasie gebruik. Kwik(i)chloried is as 'n behandeling vir hardlywigheid en as 'n diuretikum aangewend. Dit was suksesvol as behandeling van sifilis, maar die pasiënt het verswakkende newe-effekte daarvan gely. Dit was selfs as tandekrypoeiers vir babas te koop omrede dit oormatige speekselafskeiding veroorsaak. Maar al hierdie gebruike is nou gestaak vanweë sy toksisiteit en om die besoedeling van die omgewing met kwik teen te staan. Die grootste oorsaak daarvan is nogtans die verbranding van steenkool om elektrisiteit op te wek.
Toksisiteit Soos die meeste kwikverbinding is kwik(I)chloried baie toksies. Daar word veronderstel dat Mohamed se kleinseun, al-Hasan ibn-'Ali, wat in 669 dood is op net 45 jaar, deur vergiftiging met hierde stof vermoor is.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kwik