KV21 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Dit is in 1817 deur Giovanni Belzoni ontdek en in 1989 weer uitgegrawe deur Donald P. Ryan. Dit bevat die mummies van twee vroue, vermoedelik koninginne van die 18de Dinastie.

In 2010 het 'n span onder leiding van Zahi Hawass DNS-bewyse gebruik om die een mummie, KV21A, tentatief te identifiseer as die moeder van twee fetusse in die grafkelder van Toetankamen.

Uitleg en inhoud Die grafkelder bestaan uit 'n aflopende gang, 'n trap en nog 'n aflopende gang. Dié gang eindig is 'n kamer met 'n pilaar en 'n klein aangrensende kamer. Dit is soortgelyk aan die uitleg van KV32, die grafkelder van Tiaa, die moeder van Toetmoses IV.

Die grafkelder is in 1817 deur Giovanni Belzoni ontdek. In die groter kamer het hy twee naakte mummies met lang hare gekry. In die kleiner kamer was erdeware- en albasterskerwe.

Herondersoek Die grafkelder is in 1989 weer ondersoek deur Donald Ryan. Hy het gesien die ingang was onder vloedpuin begrawe. Die water het in 'n stadium die kelder binnegedring. Die mummies was in stukke en die flesse in die sykamer is met groot klippe stukkend geslaan.

Die teenwoordigheid van die ghwano van vlermuise was 'n aanduiding dat die grafkelder vir 'n ruk oop was nadat Belzoni en Burton dit besoek het.

Verwysings

Skakels Theban Mapping Project: KV21

Kategorie:Vallei van die Konings