Die Angelbossie (Monsonia biflora) is 'n eenjarige blomdraende plant wat deel is van die Geraniaceae familie. Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in Gauteng, Limpopo, Oos-Kaap en die Vrystaat voor.

Die spesie staan ook as assegaaibossie, keitabossie, naaldbossie, naaldebossie, teebos en teebossie bekend.

In 'n ondersoek rond Polokwane in Limpopo, in dorpe soos Lebowagkoma, Mangkweng en Chuniespoort, het geblyk dat die bewoners hierdie plant as 'n spesiale tee beskou. Dit word veral in die somer geoes, 'n halfuur tot 'n voluur in kokende water gekook en het 'n bitter smaak. Daar word eienskappe aan hierdie tee toegeskryf soos bloedreinigend, bloeddrukverlagend, libidoversterkend en die erektiele funksie verbeterend.

Ektrakte van hierdie plant in metanol onderdruk die ontwikkeling van die swamspesie Penicillium digitatum wat die groen sitrusswam genoem word en baie skade aan die sitrusoes kan veroorsaak.

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

biflora Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe