Die sambreeltjie (Monsonia speciosa) is 'n meerjarige, blomdraende plant wat deel is van die Geraniaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap voor. Die spesie het reeds 80% van sy habitat afgestaan aan landbou en voorstedelike ontwikkeling. Die plant is deel van die renosterveld en fynbos-biome.

Die plant staan ook as die slangblom bekend.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

speciosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika