Kadmiumtelluried is 'n verbinding van kadmium en telluur met die chemiese formule .
Dit is 'n halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 1,606 eV (@4,2K).
Kristalstruktuur Kadmiumtelluried kristalliseer in die kubiese sfaleriet-struktuur (B3 in die strukturbericht-klassifikasie. Dunne lae met die (metastabiele) wurtziet-struktuur kan deur dampneerslag vervaardig word. Onder drukke van 35 kbar skakel die sfaleriet om na 'n haliet-struktuur.
Sonkragmateriaal CdTe is ná kristallyne silikon die tweede belangrikste materiaal wat in sonselle gebruik word. In 2023 het dit 5% van die wêreldmark verteenwoordig. In die laboratorium is 22,1% doeltreffendheid bereik, maar die gemiddelde doeltreffendheid van selle wat in 2020 op die mark verskyn het, was 18%.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van kadmium