George Gershwin (; gebore Jacob Gershwine; 26 September 1898 – 11 Julie 1937) was 'n Amerikaanse komponis. Sy werke sluit populêre-, jazz- en klassieke musiek in. Sy bekendste werke is die orkestrale komposisies Rhapsody in Blue (1924) en An American in Paris (1928), die liedere "Swanee" (1919) en "Fascinating Rhythm" (1924), standaardwerke van die jazzrepertorium soos "Embraceable You" (1928) en "I Got Rhythm" (1930) en die opera Porgy and Bess (1935), wat die treffer "Summertime" insluit.

Gershwin het klavier studeer onder Charles Hambitzer en komposisie onder Rubin Goldmark, Henry Cowell en Joseph Brody. Hy het sy loopbaan begin as 'n "song plugger",'n Sanger of klavierspeler wat in die vroeë jare van die 20ste eeu deur afdelingswinkels, musiekwinkels en musiekuitgewers in diens geneem is om nuwe bladmusiek bekend te stel en te help verkoop. Dit was een van die maniere waarop treffers geadverteer is voordat opnames van goeie gehalte algemeen beskikbaar was. maar het spoedig begin om komposisies vir die Broadwayteater te komponeer saam met sy broer Ira Gershwin en Buddy DeSylva. Hy het na Parys verhuis om onder Nadia Boulanger te studeer, maar Boulanger het hom daarvan afgeraai omrede sy van oordeel was dat streng en rigiede opleiding in klassieke musiek sy reeds ontwikkelde styl, wat sterk beïnvloed is deur jazzmusiek, skade sou berokken; Maurice Ravel het soortgelyke kwelpunte gehad toe Gershwin hom gevra het of hy onder hom kon studeer. Na dié teleurstellings het hy An American in Paris gekomponeer en teruggekeer na New York en die opera Porgy and Bess gekomponeer saam met Ira en DuBose Heyward. Dit was aanvanklik 'n kommersiële mislukking, maar is gaandeweg erken as een van die belangrikste Amerikaanse operas van die twintigste eeu, en 'n Amerikaanse kulturele meesterwerk.

Gershwin het hierna na Hollywood verhuis en verskeie klankbane gekomponeer. Hy is in 1937 oorlede op die nog jeugdige ouderdom van 38 aan 'n breingewas.Carp L. George Gershwin-illustrious American composer: his fatal glioblastoma. Am J Surg Pathol 1979; 3: 473–478.

Sy komposisies is verwerk vir gebruik in film en televisie. Baie daarvan het standaardwerke van die jazzgenre geword.

Verwysings

Bronnelys

Kimball, Robert & Alfred Simon. The Gershwins (1973), Athenium, New York,

Rimler, Walter. A Gershwin Companion (1991), Popular Culture Rimler, Walter George Gershwin : An Intimate Portrait (2009), University of Illinois Press, Sloop, Gregory. "What Caused George Gershwin's Untimely Death?" Journal of Medical Biography 9 (Februarie 2001): 28–30

Verdere leesmateriaal Alpert, Hollis. The Life and Times of Porgy and Bess: The Story of an American Classic (1991). Nick Hern Books. Carnovale, Norbert. George Gershwin: a Bio-Bibliography (2000. ) Greenwood Press. Feinstein, Michael. Nice Work If You Can Get It: My Life in Rhythm and Rhyme (1995), Hyperion Books. Jablonski, Edward. Gershwin Remembered (2003). Amadeus Press. Muccigrosso, Robert, ed., Research Guide to American Historical Biography (1988) 5:2523-30 Rosenberg, Deena Ruth. Fascinating Rhythm: The Collaboration of George and Ira Gershwin (1991). University of Michigan Press Sheed, Wilfred. The House That George Built: With a Little Help from Irving, Cole, and a Crew of About Fifty (2007). Random House. Suriano, Gregory R. (redakteur). Gershwin in His Time: A Biographical Scrapbook, 1919–1937 (1998). Diane Pub Co. Weber, Katharine. "The Memory Of All That: George Gershwin, Kay Swift, and My Family's Legacy of Infidelities" (2011). Crown Publishers, Inc./Broadway Books Wyatt, Robert and John Andrew Johnson (redakteure). The George Gershwin Reader (2004). Oxford University Press.

Eksterne skakels

George en Ira Gershwin-versameling by die Biblioteek van die VSA-kongres George Gershwin Biografie by die Joods-Amerikaanse Heldesaal George Gershwin-versameling by die Harry Ransom Sentrum, Universiteit van Texas, Austin The Gershwin Initiative by Die Universiteit van Michigan George Gershwin oral histories at Oral History of American Music 'n Uitvoering/lesing van Gershwin se An American in Paris met Bruce Adolphe

Kategorie:Geboortes in 1898 Kategorie:Sterftes in 1937 Kategorie:Amerikaanse komponiste