Ysterpentakarboniel is 'n organometaalverbinding van yster is sy oksidasietoestand nul en koolstofmonoksied met die chemiese formule
Kristalstrukture Die molekule het in die gasfase n trigonaalbipiramidale vorm met simmetrie D. Die verbinding kristalliseer in 'n monokliniese struktuur (ruimtegroep C2/c) waarin die molekule slegs 'n tweetallige as (C2) besit. Onder 105K verwring die struktuur tot 'n trikliniese fase (P) waarin die molekule ook sy tweetallige as verloor.
Gebruike Ysterpentakarboniel het verskeie gebruike:
Dit word as katalisator gebruik vir 'n wye verskeidenheid reaksies vir Fischer-Tropsch hidroformilering, olefien-isomerisasie en by watergasverskuiwingsreaksies. Dit word aangewend om swael uit steenkool en petroleumprodukte te verwyder. Dit is 'n belangrike beginmateriaal vir die vervaardiging van chemies suiwer yster, ysteroksiede, ysterkatalisators en dun ysterfilms. Dit is 'n nuttige reagens wat reageer met alkali, amiene, koolstoftetrachloried, halogene, waterstof, merkaptane, kwik- en ander soute.
Verwysings
Kategorie:Organometaalverbindings pentakarboniel