KV52 is 'n grafkelder in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Uitgrawings is in 1906 deur Edward R. Ayrton gedoen. Saam met KV50 en KV51 vorm dit 'n groep bekend as die "Dieregrafte". Dit bevat die mummie van 'n aap en hou moontlik verband met die nabygeleë grafkelder van Amenhotep II (KV35).
Ligging en inhoud Die grafkelder lê naby KV49, in die syvallei wat na KV35 lei. KV52 was die derde van 'n groep van drie grafkelders wat deur Edward R. Ayrton ontdek is in sy uitgrawings van dié deel van die vallei namens die Amerikaanse miljoenêr-sakeman Theodore M. Davis. Die ingang was onder 'n hoop afval begrawe.
Die grafkelder bestaan uit 'n skag en 'n kamer. Dit was "heeltemal leeg buiten twee bokse, waarvan die een amper twee keer so groot soos die ander was." In die groter boks was die mummie van 'n aap, wat oop tussen sy toedraailappe gelê het. Die kleiner een was 'n kis met plek vir vier begrafnisflesse.
Onlangse uitgrawings Uitgrawings het in 2009-'10 weer in die gebied plaasgevind deur 'n span onder Zahi Hawass en Ahmed el-Leithy in 'n poging om KV50, KV51, KV52 en KV53 weer op te spoor. In dié uitgrawings is erdewerk, werktuie en fragmente van erdewerk uit die 18de Dinastie ontdek. Dit bevat onder meer 'n skets van 'n sittende koningin, sekstonele met vroue en diere, en cartouches van Ramses II.
Verwysings
Skakels Theban Mapping Project: KV52
Kategorie:Vallei van die Konings