Ouagadougou 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Streek Centre Provinsie Kadiogo Koördinate  Stigting 15de eeu Oppervlakte:    - Totaal 219,3 vk km  Hoogte bo seevlak 305 m Bevolking:    - Totaal (2012) 1 626 950  - Bevolkingsdigtheid 6 727/vk km  - Metropolitaanse gebied 1 727 390 Tydsone UTC +0 Burgemeester Armand Béouindé

Ouagadougou ([ˌwɑːɡəˈduːɡuː]) is die hoofstad en grootste stad van Burkina Faso, asook die administratiewe, kommunikasie, kulturele en ekonomiese sentrum van dié land. Die stad se naam word dikwels verkort na Ouaga en die inwoners word ouagalais genoem. Die spelling van die naam "Ouagadougou" is afgelei van die Franse spelling algemeen in die voormalige Franse kolonies in Afrika. As die Engelse ortografie gebruik was (soos in Ghana of Nigerië), sou die spelling "Wagadugu" gewees het. Mairie de Ouagadougou Commune Ouagadougou (2005). URL besoek op 19 Maart 2006

Ouagadougou se primêre nywerhede is voedselverwerking en tekstiel. Dit word bedien deur 'n internasionale lughawe, met spoorverbindings na Abidjan in die Ivoorkus. Daar is geen spoordiens na Kaya nie. Daar is 'n teerpad na Niamey, Niger, suid na Ghana, en na die suidweste tot in die Ivoorkus. Ouagadougou was die perseel van Ouagadougou se Groot Mark, een van die grootste markte in Wes-Afrika, wat afgebrand het in 2003 maar sedertdien heropen het. Ander besienswaardighede sluit in die Nasionale Museum van Burkina Faso, die Moro-Naba Palace (plek van die Moro-Naba seremonie), die Nasionale Museum van Musiek en 'n paar handwerkmarkte.

Geskiedenis Die naam van die stad is blykbaar afkomstig van Woogho do, 'n deel van 'n frase waarmee die Mogho Naba Oubri in die elfde eeu aan die oorspronklike inwoners, wie se grondgebied hy pas bewoon het, hul plek genoem het. Dit beteken "plek waar eer betaal word". Nadat die land onafhanklik geword het, was die stad nog steeds 'n relatief beskeie provinsiale hoofstad met skaars meer as 60 000 inwoners en 'n beboude gebied van ongeveer 25 km². Daarna het die groei vinnig verloop: in 1981 het die stad ongeveer 375 000 inwoners gehad en ongeveer 58 km² beslaan; in 2002 1 200 000 inwoners op ongeveer 160 km² (IGB-syfers).

Susterstede Loudun (Frankryk), sedert 1967 San Miniato (Italië), sedert 1997 Koeweit (stad) (Koeweit), sedert 1998 Leuze-en-Hainaut (België), sedert 1968

Samewerkingsooreenkoms Bordeaux (Frankryk)

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Burkina Faso Kategorie:Hoofstede in Afrika