Otaviet is 'n mineraal met algemene samestelling , kadmiumkarbonaat.
Dit is 'n sekundêre mineraal wat in geoksideerde sones van ertsliggame aangetref word. Dit is in 1906 eers deur Otto Schneider beskryf en genoem na die gebergte van Otavi in Namibië waar dit in die Tsumebmyn aangetref is. Dit kom dikwels epitaksiaal op smithsoniet voor.
Die mineraal is taamlik stabiel onder omstandighede van hoë temperatuur en druk soos dit in subduksiesones aangetref word. Dit ontbind teen 375-400 °C.
Kristalstruktuur Otaviet is isostruktureel met kalsiet. (G0 in die strukturbericht-klassifikasie).
Verwysings