Magnesiumkarbonaat is 'n sout van magnesium met koolsuur met die chemiese formule .
Dit kom in die natuur voor as die mineraal magnesiet. Dit word in middels teen maagsuur aangewend en vorm di, tri- en tetrahidrate.
Kristalstruktuur Watervrye magnesiumkarbonaat kristalliseer in die romboëdriese kalsiet-struktuur (G0 in die strukturbericht-klassifikasie).
Die dihidraat .2 is 'n mineraal bekend as barringtoniet. Dit het 'n trikliniese struktuur en 'n digtheid van 2,825 [g/cm]. Die trihidraat .3 is 'n mineraal bekend as nesquehoniet Dit het 'n monokliniese struktuur en 'n digtheid van 1,837 [g/cm]. Die pentahidraat .5 is 'n mineraal bekend as lansfordiet. Dit het 'n monokliniese struktuur
Daar is ook 'basiese' magnesiumkarbonate, wat hidroksiedkarbonate is: artiniet, hidromagnesiet en dypingiet.
Die watervrye karbonaat kan nie uit waterige oplossing neergeslaan word. Wat verkry word hang af van omstandighede soos die pH en die konsentrasie . Uit oplossings van magnesiumhidroksied word met volop koolstofdioksied gewoonlik die trihidraat gevorm.
Gebruike Magnesiumkarbonaat ken heelparty gebruike in vloer-, brandwerende en brandblussamestellings; as vulmateriaal en rookdemper in plastiek; as 'n versterkingsmiddel in neopreenrubber; as 'n droogmiddel en vir kleurbehoud in voedsel; in skoonheidsmiddels. as 'n beginmateriaal in die vervaardiging van 'n aantal magnesiumverbindings.
Magnesiumkarbonaat is onoplosbare maar ook higroskopies. Die stof is die eerste keer in 1911 by sout gevoeg om die sout vryer te laat vloei. Magnesiumkarbonaat, waarna meestal as "kryt" verwys word, word gebruik as 'n droogmiddel vir die hande in gimnastiek, gewigoptel en rotsklim. Dit word ook in taksidermie gebruik om skedels te bleik en kan met waterstofperoksied gemeng word om 'n pasta te skep, wat dan op die skedel gesmeer word om dit 'n wit afwerking te gee.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings karbonaat