290px|duimnael|Foto, omstreeks 1920's, geteken 1933 Ernest Alexandre Ansermet (11 November 1883 – 20 Februarie 1969)"Ansermet, Ernest" in The New Encyclopædia Britannica. Chicago: Encyclopædia Britannica Ing., 15de uitgawe, 1992, Vol. 1, p. 435. was 'n Switserse dirigent.
Biografie Ansermet is gebore in Vevey, Switserland. Hy was oorspronklik 'n wiskundeprofessor, en het klas gegee aan die Universiteit van Lausanne. Hy het in 1912 begin dirigeer by die kasino in Montreux, en vanaf 1915 tot 1923 was hy die dirigent vir Diaghilev se Ballets Russes. Terwyl hy op reis was deur Frankryk het hy vir Debussy en Ravel ontmoet, en hul gepeil oor die uitvoering van hul werke, waarvoor hy vandag veral bekendstaan. Bartók, Konsert vir Orkes, Danssuite, Twee Portrette, Roemeense Volksdanse, Musiek vir Strykinstrumente, Perkussie en Celesta, Klavierconcerto No. 3, Julius Katchen, klavier; L'Orchestre de la Suisse Romande, Ernest Ansermet, dirigent; Decca Eloquence 442 9989; CD-voubiljet (skrywer Colin Anderson) Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het hy vir Strawinski ontmoet, wat in ballingskap in Switserland was. Hiermee het die dirigent se lewenslange verbintenis met Russiese musiek ontstaan.
In 1918 stig Ansermet sy eie orkes, die Orchestre de la Suisse Romande (OSR). Hy het wyd in Europa en Amerika getoer en bekend geword vir sy nougesette en deurtastende uitvoerings van moeilike moderne musiek. Hy het die eerste opnames gemaak van werke soos Strawinski se Capriccio, met die komponis as solis. Ansermet was een van die eerstes op die gebied van klassieke musiek wat jazzmusiek ernstig opgeneem het, en in 1919 het hy 'n artikel geskryf waarin hy Sidney Bechet aanprys.Ernest Ansermet, 'Sur un orchestre nègre', La Revue Romande, 1 October 1919.
Na die Tweede Wêreldoorlog het Ansermet en sy orkes tot internasionale prominensie gestyg deur 'n langtermynkontrak met Decca Records aan te gaan. Die meeste van sy repertorium is opgeneem vanaf die tydstip tot sy afsterwe, en hy het dikwels twee of drie opnames gemaak. Sy vertolkings is oor die algemeen as gesaghebbend beskou, alhoewel die orkesspel nie altyd die hoogste internasionale standaarde bereik het nie, en dit het veral verskil van dié van ander bekende 20ste-eeuse spesialiste, veral Pierre Monteux en Strawinski self. Ansermet het Strawinski se praktyk om sy werke te hersien, afgekeur en altyd die oorspronklike weergawes gespeel. Alhoewel hy bekend is vir die uitvoering van baie moderne musiek deur ander komponiste soos Arthur Honegger en Frank Martin, het hy die musiek van Arnold Schoenberg en sy medewerkers heeltemal vermy, en selfs kritiek gelewer op Strawinski toe hy twaalftoontegnieke in sy komposisies begin gebruik het. In Ansermet se boek, Les fondements de la musique dans la conscience humaine (1961), het hy met gebruikmaking van Husserliaanse Fenomenologie en sy eie wiskundige studies gepoog om te bewys dat Schoenberg se idioom vals en irrasioneel was. Hy het dit geëtiketeer as 'n "Joodse idee" en voortgegaan om te sê dat "the Jew is a me who speaks as though he were an I," dat die Jood "aan gedagtes ly wat dubbeld misvorm is", wat hom dus "geskik maak vir die hantering van geld"; hy het die verklaring opgesom met die gedagte dat "Westerse musiek" net so goed sou ontwikkel het "sonder die Jood". Ansermet se reputasie het na die oorlog skade gelei weens sy samewerking met die Duitse regering, en hy is geboikot in die nuwe staat van Israel.
In Mei 1954 het Decca Records Ansermet opgeneem in Europa se eerste kommersiële stereofoniese opnames. Hulle het voortgegaan om die eerste volledige stereo uitvoering van Tsjaikofski se Die Neutekraker op LP op te neem (Artur Rodziński het reeds 'n stereo opname gemaak op magnetiese band, maar dit is slegs uitgegee in mono op LP). Ansermet het ook vroeë stereo opnames gemaak van Debussy se Nokturnes en Prélude à l'après-midi d'un faune. 'n Deel van sy opname van Strawinski se Le Sacre du printemps, wat aangevul is deur 'n repetisieopname wat andersins onverkrygbaar was, is deur Decca gebruik op die maatskappy se stereo demonstrasie-LP van 1957, A Journey into Stereo Sound. Die dirigent se helder en metodiese aftel van maatslae is 'n eiesoortige eienskap van sy repetisieritueel. Gedurende sy laaste jare het hy en sy ensemble werke opgeneem deur Haydn, Beethoven en Brahms. In 1962 het Ansermet die eerste volledige opname van Haydn se Paryse-simfonieë saam met die OSR op Decca gemaak.
Sy laaste opname, Strawinski se Vuurvoël, is in 1968 in Londen gemaak saam met die New Philharmonia Orchestra. Die opname sluit repetisiesessies in wat uitgereik is as 'n huldeblyk aan die dirigent. 'n Verdere laat-opname saam met die L'Orchestre de la Suisse Romande vir Decca, wat ook as huldeblyk uitgereik is, is gewy aan Albéric Magnard se Derde Simfonie en Édouard Lalo se Scherzo vir Orkes.
duimnael|Ernest Ansermet (1965) Ansermet het ook van sy eie klaviermusiek en werke vir orkes gekomponeer, waaronder 'n simfoniese gedig getiteld Feuilles de Printemps (Lenteblare). Hy het ook Debussy se Six épigraphes antiques in 1939 georkestreer.Astilla, Christopher "Between the Staves" - Adaptations of Debussy's Six épigraphes antiques and Creative Tasks of the Performer. (Desember 2007) Universiteit van Noord-Texas
Hy sterf op 20 Februarie 1969 in Genève op 85-jarige ouderdom.
Noemenswaardige premieres In konsert Strawinski, Histoire du soldat, Lausanne, 28 September 1918 Strawinski, Capriccio vir Klavier en Orkes, komponis as solis, 6 Desember 1929 Strawinski, Mis, 27 Oktober 1948
Op die verhoog Manuel de Falla, The Three-Cornered Hat, Ballets Russes, Parys, 1919, 'n ballet waarvoor Léonide Massine die choreografie geskep het en Pablo Picasso die stelle en kostuums ontwerp het. (Ansermet het die werk later opgeneem in stereo.) Strawinski, Pulcinella (ballet), Ballets Russes, Parys, 15 Mei 1920 Prokofiëf, Chout, Ballets Russes, Parys, 1921 Strawinski, Renard, Ballets Russes, Parys, 18 Mei 1922 Strawinski, Les noces, Ballets Russes, Parys, 13 Junie 1923 Britten, The Rape of Lucretia, Glyndebourne, 12 Julie 1946
Op album Strawinski, Capriccio vir Klavier en Orkes, komponis as solis, Mei 1930
Skryfwerk Ansermet, Ernest. 1961. Les fondements de la musique dans la conscience humaine. 2 v. Neuchâtel: La Baconnière. New edition, edited by J.-Claude Piguet, Rose-Marie Faller-Fauconnet, et al. Neuchâtel: La Baconnière, 1987. Ansermet, Ernest. 1973. "L'apport de Paul Hindemith à la musique du XXe siècle." In Hommage à Paul Hindemith: 1895–1963 : l'homme et l'œuvre. Yverdon: Éditions de la Revue musicale de suisse romande. Ansermet, Ernest. 1983. Ecrits sur la musique. Geredigeer deur Jean-Claude Piguet. Nuwe hersiene uitgawe Neuchâtel: La Baconnière.
Korrespondensie duimnael|Ansermet en Wilhelm Kempff (1965) Piguet, Jean-Claude (ed.) 1976. . Geredigeer deur Jean-Claude Piguet, met notas deur Jacques Burdet. Neuchâtel: La Baconnière. Tappolet, Claude (ed.). 2006. . Genève: Georg. Tappolet, Claude (ed.). 1999. . Genève: Georg. Tappolet, Claude (ed.). 1998. . Voorwoord deur Philippe Dinkel, nawoord deur Jean-Jacques Langendorf. Genève: Georg Editeur. Tappolet, Claude (ed.). 1990–91. . Genève, Switserland: Georg. Tappolet, Claude (ed.). 1989a. . Voorwoord deur Maurice Zermatten. Genève: Georg; Parys: Eshel. Tappolet, Claude (ed.). 1989b. Lettres de compositeurs suisses à Ernest Ansermet, 1906–1963 Avant-propos deur Conrad Beck; nawoord deur Julien-François Zbinden. Genève: Georg. Tappolet, Claude (ed.). 1983. . Voorwoord deur René Dovaz. Genève: Georg.
Verwysings
Eksterne skakels
Ernest Ansermet biografie by die Bach Kantates Webwerf Ernest Ansermet se diskografie
Kategorie:Geboortes in 1883 Kategorie:Sterftes in 1969 Kategorie:Switserse dirigente