Yttriumbariumkoperoksied is 'n keramiese gemengde oksied van yttrium, barium en koper met die chemiese formule .
Die materiaal is 'n supergeleier met baie hoë kritieke temperatuur, T>80K en kritieke magneetveld van >100T. Die materiaal kan as deklaag op 'n onderlaag van meganies sterk nikkellegering aangebring word en dit kan hoë elektriese strome dra sonder elektriese weerstand. YBCO, soos dit gewoonlik afgekort word, is 'n nie-stoigiometriese gemengdevalensieverbinding. Vir x=0,5 is die oksidasietoestande Y+2Ba+3 = 13+ en 6,5O = 13- en is dit 'n isolator. Maar vir x<0,5 gee die stoigiometrie meer negatiewe as posiewe ladings. Die gevolg is dat daar positiewe gate h in 'n band teregkom wat deur die Cu 3d-orbitale gevorm word. Die lengte van die c-as van die kristalstruktuur is baie gevoelig vir die waarde wat die parameter x van 'n materiaal is en dit bepaal die geleidende en supergeleidende eienskappe van die materiaal.
Kristalstruktuur YBCO kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat afgelei is van die perovskiet-struktuur Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van koper Kategorie:Verbindings van yttrium Kategorie:Verbindings van barium