TSV Altenholz is 'n sportklub uit Altenholz in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland waarvan die sokkerafdeling in die Oberliga Sleeswyk-Holstein meeding. Benewens sokker het die klub ook afdelings vir onder meer pluimbal, handbal, tafeltennis, judo, karate, atletiek, swem, dans, tennis en gimnastiek. Die klub se mees suksesvolle afdeling is die handbalafdeling, waarvan die mansspan al in die Bundesliga, die hoogste vlak van die Duitse handbalstruktuur, meegeding het.
Alhoewel die sportklub al op 15 November 1923 gestig is, het die klub eers in 1965 'n sokkerafdeling gekry. Die sokkerafdeling moes egter nog altyd tweede viool speel teen die handballers en kort hierna het die sokkerafdeling hulle eie klub gestig, genaamd VfL Altenholz. VfL Altenholz het egter kort voor lank ontbind en voor die einde van 1966 het die sokkerspelers weer teruggekeer na die moederklub.
In 1997 het die ambisieuse sokkerafdeling die eerste keer die Oberliga gehaal, deurdat die span met 'n professionele afrigter en verskeie spelers versterk is. Kort hierna het die sokkerafdeling weer onafhanklik geraak, hierdie keer met die naam TSV Altenholz Fußball GmbH & Co. KG. Die span het ook sy grootste skare in 1997 gelok: 4 102 toeskouers in die wedstryd teen Holstein Kiel. In die 1999/00-seisoen het die span die Oberligatitel met 5 punte misgeloop en die span is toe verder versterk met professionele spelers met die oog op promosie na die Regionalliga. Toe die span egter net 10de kon eindig in die 2000/01-seisoen, het finansiële druk die onafhanklike sokkerklub genoop om te ontbind en weer deel te word van TSV Altenholz. Die span het vir dieselfde rede aan die einde van die 2002/03-seisoen vrywillig uit die Oberliga onttrek en twee vlakke laer na die Bezirksoberliga Kiel gerelegeer.
Onlangse ligaposisionering 1990-91 (IX) Kreisliga 1ste 1991-92 (VIII) Bezirksklasse Oos 1ste 1992-93 (VII) Bezirksliga Oos 1ste 1993-94 (VI) Bezirksoberliga Kiel 1ste 1994-95 (V) Verbandsliga S-H 12de 1995-96 (V) Verbandsliga S-H 3de 1996-97 (V) Verbandsliga S-H 1ste 1997-98 (IV) Oberliga Hamburg/S-H 6de 1998-99 (IV) Oberliga Hamburg/S-H 13de 1999-00 (IV) Oberliga Hamburg/S-H 3de 2000-01 (IV) Oberliga Hamburg/S-H 10de 2001-02 (IV) Oberliga Hamburg/S-H 15de 2002-03 (IV) Oberliga Hamburg/S-H 12de 2003-04 (VI) Bezirksoberliga Kiel 3de 2004-05 (VI) Bezirksoberliga Kiel 3de 2005-06 (VI) Bezirksoberliga Kiel 1ste 2006-07 (V) Verbandsliga S-H 11de 2007-08 (V) Verbandsliga S-H 9de 2008-09 (V) Oberliga S-H 9de
Verwysings Hardy Grüne: Der kurze Fußballtraum von Altenholz, in: Legendäre Fußballvereine. Norddeutschland zwischen TSV Achim, Hamburger SV und TuS Zeven, Kassel: Agon Sportverlag, 2004 S. 16. Hardy Grüne: (2001): Vereinslexikon. Enzyklopädie des deutschen Ligafußballs. Band 7. Kassel: AGON Sportverlag, S. 279
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Sleeswyk-Holstein 2008/09-seisoen TSV Altenholz – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – Flensburg 08 – Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Rhen – VfR Horst – Husumer SV – Itzehoer SV 09 – SC Comet Kiel – Holstein Kiel II – FC Kilia Kiel – TSV Kropp – VfB Lübeck II – VfR Neumünster – 1. SV Sleeswyk 06 – NTSV Strand 08
Altenholz