Bremer SV is 'n sokkerklub uit Bremen in die deelstaat Hansestad Bremen in Duitsland.
Die klub is oorspronklik in 1905 gestig as FC Adler Bremen, maar nadat dit weer ontbind het is dit op 1 Januarie 1906 herstig as Bremer Ballspiel Vereins Sport von 1906. In 1914 het FV Hansa Gröpelingen by die klub aangesluit. Die huidige naam is op 1 Augustus 1920 aangeneem. In 1933 het Allgemeiner Arbeiter TV der westlichen Vorstadt Bremen, wat deur die Nazi’s ontbind is, by die klub aangesluit.
Die klub het sy goue jare bereik in die laat 1940’s en vroeë 1950’s, deurdat hy tussen 1947 en 1955 op die hoogste vlak in die Oberliga Noord meegeding het. Die beste prestasie was die 5de plek aan die einde van die 1949-seisoen, beter as sy beroemde stadsgenoot SV Werder Bremen se agste plek. In 1961 het die klub weer die Oberliga bereik, maar met die stigting van die Bundesliga in 1963 het die klub die kreeftegang begin gaan.
Die klub het in 2007 die Verbandsliga Bremen gewen en daarmee die geleentheid om na die vierdevlak Oberliga Noord te promoveer, maar die DFB het 'n oberligalisensie van die hand gewys op grond van die klub se finansiële vermoëns. Die klub se appèl teen die besluit was onsuksesvol.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (III) Amateurliga Bremen 2de 1964-65 (III) Amateurliga Bremen 1ste 1965-66 (II) Regionalliga Noord 13de 1966-67 (II) Regionalliga Noord 17de 1967-68 (III) Amateurliga Bremen 8ste 1968-69 (III) Amateurliga Bremen 5de 1969-70 (III) Amateurliga Bremen 9de 1970-71 (III) Amateurliga Bremen 7de 1971-72 (III) Amateurliga Bremen 3de 1972-73 (III) Amateurliga Bremen 8ste 1973-74 (III) Amateurliga Bremen 2de 1974-75 (III) Am.Oberliga Noord 17de 1975-76 (IV) Verbandsliga Bremen 7de 1976-77 (IV) Verbandsliga Bremen 2de 1977-78 (IV) Verbandsliga Bremen 1ste 1978-79 (III) Am.Oberliga Noord 13de 1979-80 (III) Am.Oberliga Noord 15de 1980-81 (III) Am.Oberliga Noord 14de 1981-82 (IV) Verbandsliga Bremen 2de 1982-83 (IV) Verbandsliga Bremen 1ste 1983-84 (IV) Verbandsliga Bremen 2de 1984-85 (IV) Verbandsliga Bremen 1ste 1985-86 (IV) Verbandsliga Bremen 1ste 1986-87 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 12de 1988-89 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1989-90 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1990-91 (III) Am.Oberliga Noord 8ste 1991-92 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1992-93 (IV) Verbandsliga Bremen 15de 1993-94 (V) Landesliga Bremen 1994-95 (VI) Landesliga Bremen 1995-96 (VI) Landesliga Bremen 1996-97 (VI) Landesliga Bremen 1ste 1997-98 (V) Verbandsliga Bremen 7de 1998-99 (V) Verbandsliga Bremen 5de 1999-00 (V) Verbandsliga Bremen 2de 2000-01 (V) Verbandsliga Bremen 3de 2001-02 (V) Verbandsliga Bremen 2de 2002-03 (V) Verbandsliga Bremen 3de 2003-04 (V) Verbandsliga Bremen 6de 2004-05 (V) Verbandsliga Bremen 7de 2005-06 (V) Verbandsliga Bremen 6de 2006-07 (V) Verbandsliga Bremen 1ste 2007-08 (V) Verbandsliga Bremen 2de 2008-09 (V) Oberliga Bremen
Eksterne skakels The Abseits Guide to German Soccer Amptelike klubwerf
Oberliga Bremen 2008/09-seisoen SC Vahr Blockdiek – Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – TSV Osterholz-Tenever – TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – KSV Vatan Spor – TSV Wulsdorf
Kategorie:Bremen Bremer SV