Koperindiumselenied is 'n selenied van koper in sy +1 oksidasietoestand en indium in sy +3 toestand. Die formule van die stoigiometriese vorm is . Dit word dikwels α-CIS genoem.
α-CIS is 'n halfgeleier met 'n direkte bandgaping van ongeveer 1,04 eV. Hierdie halfgeleier kan in sonselle aangewend word. Die doeltreffendheid as fotovoltaïese materiaal het in 1975 vir die eerste keer die 'magiese' 10% oortref en sedertdien is daar baie navorsing op hierdie verbinding en variasies soos CIGS (waar indium gedeeltelik deur gallium vervang is). Dunne lae van CIGS word nu as kommersiële selle aangebied. Mengkristalle kan gevorm word tussen en . Dit vergroot die bandgaping tot 1,68 eV vir die suiwer galliumverbinding. Hoewel in die laboratorium doeltreffendhede van >20% bereik is, is kommersiële CIGS s'n gewoonlik 12%-14%.
Kristalstrukture Die α-fase van koperindiumselenied, wat by kamertemperatuur stabiel is, kristalliseer in die chalkopiriet-struktuur, wat in die strukturbericht-klassifikasie die E1-tipe genoem word. Hierdie struktuur is 'n geordende weergawe van die sfaleriet-struktuur (B3) met metaalatome in die tetraëderholtes binne 'n kubiese digpakking. Die α-fase ondergaan kongruente eerste orde oorgang na die wanordelike sfalerietstruktuur (α->δ teen 810°C). Dit smelt byna kongruent teen 986°C.
Die α-fase kan effens nie-stiogiometries wees in die indiumryke rigting maar nie in die koperryke rigting nie. Die δ-fase het 'n taamlik wye homogeniteitsgebied.
Verwysings
Kategorie:B3-strukture Kategorie:Anorganiese verbindings indiumselenied Kategorie:Verbindings van indium Kategorie:Verbindings van seleen