'n Selenied is 'n chemiese stof wat seleen in 'n oksidasietoestand van -2 bevat.

Dit kan 'n sout wees wat die seleniedioon () bevat, soos natriumselenied . Dit kan egter ook 'n organiese stof wees wat 'n -Se- funksionele groep bevat soos dimetielselenied().

Dit is 'n sterk basis. In die menslike liggaam kom dit in spoorhoeveelhede as sy gekonjugeerde suur voor.

Soute Seleniede van alkalimetale en ammonium het min of meer ioniese bindings. Hulle kan beskou word as soute afgelei van waterstofselenied . Die meeste alkalimetaalseleniede is taamlik goed oplosbaar in water. Ander seleniede is gewoonlik meer kovalent en onoplosbaar. Hulle is dikwels halfgeleiers soos koperindiumselenied. Sommige is selfs metalliese geleiers

Verwysings

Kategorie:Anorganiese chemie