Koperjodied is 'n sout van koper en waterstofjodied met formule . Met jodium is die +1 oksidasietoestand van koper die enigste wat stabiel is. Koperjodied kom in die natuur as die mineraal marshiet voor.

Dit is 'n liggeel, deursigtige stof in enkelkristallyne vorm. Dit is 'n p-tipe halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 3,1 eV Die brekingsindeks neem af van 2,7 by 400 nm tot onder 2,3 by 800 nm. Dit volg die Cauchy-vergelyking:

Strukture Die stof ondergaan twee vast-vast fase-oorgange by verhtting. Die fase wat by kamertemperatuur stabiel is word gewoonlik γ-CuI genoem of soms CuI-III. γ-CuI het die kubiese sfaleriet-struktuur. (B3 in die strukturbericht-klassifikasie. Teen 369 C gaan dit oor in die β-CuI of CuI-II-fase met 'n heksagonale wurtziet-struktuur, (B4) Die entropieverandering ΔS= 1100 J/molK. Grundmann et al. sê kilojoules pleks van joules maar dit is dalk 'n vergissingTeen 400 °C gaan dit die α-CuI of CuI-I-fase oor. Dit het 'n haliet-struktuur (B1). Die entropieverandering ΔS= 473 J/molK. Koperjodied smelt teen 600°C

Eienskappe Elektries α-CuI is 'n superioniese geleier. Dit is vergelykbaar met koper(I)bromied hoewel koperjodied die haliet-struktuur het en nie die α-AgS-struktuur nie. Die spesifieke geleibaarheid is σ= 0,01-0,03 S/cm en die termiese aktiveringsenergie σT= E= 0,17-0,26 eV. Die β-fase het 'n laer geleibaarheid maar die geleiding is ook termies geaktiveer en ionies. Magneties Die γ-fase is diamagneties en sy susseptibiliteit (χ= -61,4x10 emu/mol of -7,7x10 m/mol in SI-eenhede) is onafhanklik van die temperatuur. Die superioniese α-fase s'n is egter afhanklik van die temperatuur. Dit word beskou as 'n effek van die paramagnetiese Van Vleck-bydrae tot die magnetiese susseptibiliteit. Chemies Koperjodied kan uit 'n koper(II)sulfaatoplossing met kaliumjodied neergeslaan word:

Dit is 'n redoksreaksie waarin koper se oksidasietoestand van +2 na +1 verander en 'n jodiedioon van -1 na neutrale jodium geoksideer word.

Verwysings

jodied Kategorie:B1-strukture Kategorie:B4-strukture Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 225 Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 186